Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Los Donkies deur HS van Blerk na 60 jaar weer uitgegee

Los DonkiesIn 1950 was Los Donkies uitgereik en was dadelik ‘n wenner. Nou na 60 jaar is dié immergewilde boek weer uitgereik.

Dis ‘n eienaardige groep karakters wat oor ‘n groepie houtryers gaan wat in die depressie tyd met donkiewaens hout van Barkly-Wes na die Bosveld ry. Soos die resensent sê, “Hierdie roman is steeds net so aangrypend soos toe dit die eerste keer verskyn het”:

Van Blerk is een van die knapste vertellers in ons taal. Sy karakters is nooit karikature nie. Hy wek die leser se deernis met selfs die eenvoudigste karakter.

Die skrywer beskik oor die vermoë om met enkele beskrywings en uitstekende dialoog die leser te oortuig dat hy in sy karakters kan glo. Hy gebruik die Afrikaanse taal en idioom so funksioneel en oorspronklik soos min ander skrywers.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment