Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Sondaglees: Die 18-44-trilogie deur Etienne Leroux (en 'n bietjie meer)

Die 18-44-trilogieEtienne LerouxEtienne Leroux is bekend as een van die belangrikste (en in sy tyd, omstrede) skrywers van die avant garde groep van die 60′s.

Hy is in 1922 gebore en op 30 Desember 1989 oorlede. Sy werke het vernuwing in die Afrikaanse letterkunde gebring, en hy het vele romans gepubliseer waarvan baie pryse ontvang het.

In die roman Die 18-44-trilogie word etlike van sy verhale saamgevat in een wonderlike bundel, onderandere, Die huisie by die see; Wording en verwording; Lemwonde en meer.

Leroux se toekennings sluit in: Hertzog Prys vir prosa vir Sewe dae by die Silbersteins 1964; Hertzog Prys vir prosa vir Magersfontein, O Magersfontein! 1979 en die CNA Literêre Toekening; CNA Literêre Toekening vir Een vir Azazel.

Ek haal aan wat voor in die boek staan (en duidelik deur Etienne geskryf is):

“In hierdie boek is al die karakters denkbeeldig, die eerste persoon is nie die skrywer nie, die Rus is nie ‘n Rus nie, die park is nie die park in Oranjezicht nie, X is nie I nie, Walkures bestaan nie, ek het nie ‘n teringmaer tante nie, maar die filosofie is nagepraat.”

‘n Uitreksel van ‘n resensie deur Louise Viljoen oor Die-18-44-trilogie:

18-44 is ’n boeiende spel met die getalle 18, die ouderdom van die kunsstudent wat begin om aan die knolskrywer briewe te skryf, en 44, die ouderdom van die knolskrywer wat homself as troosteloos middeljarig beskou. Dit is veral die getal 4 wat belangrik is en struktureel ontgin word omdat dit sinspeel op Jung se verwysing na die vier psigologiese funksies (sensasie, gevoel, denke en intuïsie) wat geïntegreer moet word in elke individu voordat hy of sy psigiese heelwording kan ervaar. Hierdie psigologiese funksie vind ook neerslag in verskillende persoonlikheidstipes wat in die geval van die knolskrywer op verskillende maniere verwesenlik word in die vier vroue in sy lewe: sy teringmaer tante wat hom ingelei het in die geheime van die lewe; sy dowe, mank, manies-depressiewe vrou met wie hy ’n steriele huwelikslewe beleef; die Rus met wie hy ’n verhouding het; en die onbekende mej X wat vir hom briewe skryf. Elkeen van die roman se hoofstukke sentreer rondom die een of ander bewerking van ’n bepaalde tema wat met die getal vier verband hou.

Video: Etienne Leroux se begrafnis

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede

Photo courtesy Sonderster

 

Recent comments:

  • <a href="http://rustumkozain.book.co.za" rel="nofollow">Rustum Kozain</a>
    Rustum Kozain
    February 8th, 2009 @14:21 #
     
    Top

    Hah hah, kyk die jong Brink.

    Bottom
  • <a href="http://helenmoffett.book.co.za" rel="nofollow">Helen</a>
    Helen
    February 8th, 2009 @15:01 #
     
    Top

    And I thought I spotted Antjie at the graveside, looking very ingenue. Fascinating piece of historical reportage, with the mention of the "sestig vriende van die kleuring en swart gemeenskapte" who all trooped in together, presumably finding safety in numbers as they entered what was surely forbidden territory. And I loved the last line about how he wrote in "die stilte van die suidwes-Vrystaat".

    Bottom

Please register or log in to comment


» View comments as a forum thread and add tags in BOOK Chat