Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Nuut deur Protea Boekhuis: Jan Leendert deur Lategan P Bredenkamp

jan-leendert.jpgProtea Boekhuis kondig heermee hulle nuwe uitreiking Jan Leendert deur Lategan P. Bredenkamp aan.

Jan Leendert is op ‘n tog vir plaaswerk. Met sy uitgelate en parmantige houding maak hy menigte boere kwaad. Wat as ‘n proefaanstelling op Pieter-hulle se plaas begin het, loop uit op ‘n lewenslange band.

Saam met sy vrou Katrien bring Jan fasette van menswees oor die plaasgesin se lewenspad wat ’n diep indruk op Pieter se kindergemoed laat – en waarvan die bittersoet herinnering selfs dekades later voortleef. ’n Kort vertelling maar deurweef met egtheid en sprekend van eenvoud.

Oor die skrywer:

Lategan Bredenkamp het vanjaar 80 geword en dit is sy debuutroman. Hy boer voltyds in die Postmasburg-omgewing en skryf “om die stilte te verdryf”. Hy is ‘n familieman en boerdery en sy plaas is sy lewe.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment