Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Resensie: Susan Cilliers oor My Pyn, My Glorie deur Hestrie Cloete-Els

My Pyn, My GlorieUitspraak: wortel
Hestrie Cloete se nuwe outobiografie, My Pyn, My Glorie, plaas die leser binne-in haar kop, sodat hulle haar werklik kan leer ken. Dit draai ook geen doekies om nie.

Só meen Susan Cilliers in ’n resensie in Beeld. Sy sê Cloete se boek vertel haar verhaal op ’n uiters eerlike manier. Cloete skryf selfs oor “die tragiese verhouding met haar familie, liefde-haat-verhouding met die media, mislukte eerste huwelik en lol-bewerings teen Jurie”.

Cilliers sê sy was aangenaam verras deur die boek en het “reeds aan die einde van bladsy een…hoendervleis gehad”.

Vir my was Hestrie Cloete-Els niks anders as ’n uitmuntende atleet nie en haar sangerman, Jurie Els, maar net iemand wat dikwels in die media-spervuur is.

Ek was dus nie langtand óf opgewonde om haar outobiografie te lees nie – dalk net ligweg nuuskierig. Groot was my verbasing toe sy reeds met die eerste sin my aandag het. “Om te dink Hestrie was ’n glipsie…” – ’n aanhaling van Hestrie se ma, Martie Storbeck.

Reeds aan die einde van bladsy een het ek hoendervel gehad met die lees van die eerste van vele intense, gedetailleerde beskrywings van haar belewenisse. Hestrie beskryf hoe sy in Augustus 2004 gevoel het toe sy in Rome op die Olimpiese podium geklim het om haar silwermedalje te ontvang: “Asof ek hoog bo my eie kop sweef, sien ek myself daar op die podium staan: Hestrie Cloete… die kaalvoetdogtertjie wat van Coligny se stofstrate gevorder het tot ontmoetings met koninklikes.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment