Stoffel Cilliers resenseer Losbaadjiesak deur LJ Bothma
Rugby, ver plekke, interessante mense en “geliefkoosde dingetjies”. Dít is volgens resensent Stoffel Cilliers waaroor LJ Bothma se sestien stories in die bundel Losbaadjiesak gaan.
In ‘n resensie in Beeld sê Cilliers die stories is openhartig en soms baie snaaks. Dit verdien ‘n wortel! “Die skrywer het die vermoë om, soos ’n goeie gasheer, die leser na die afgebakende milieu van elke storie te nooi. Daar stel hy hom voor aan karakters wat sy lewe verryk het.”
Net sekere proefleesfoute van dié boek wat self uigegee is, het Cilliers gepla.
Die woord “losbaadjiesak” verskyn nog nie in woordeboeke nie. Volgens die skrywer beteken dit “uitgelate, sommer lekker”.
Hierdie sjarmante bundel geestige “stories in die langpad” wat Louis Bothma byeengebring het, is inderdaad sommer lekker kougoedjies.
“Losbaadjiesak” beteken ook “met gemak”. Dit dui op die informele en veral eerlike, openhartige toonaard van die stories wat nie voorgee om streng gestruktureerde kortverhale te wees nie.
Boekbesonderhede
- Losbaadjiesak deur LJ Bothma
EAN: 9780620440226
Dit kan regstreeks bestel word by 051 446 3227 of koop by Graffiti Boeke
Please register or log in to comment