Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Johann Rossouw resenseer Ways of Staying deur Kevin Bloom

Ways of StayingUitspraak: stokkie

Al is Kevin Bloom se boek, Ways of Staying, volgens Johann Rossouw eerlik en treffend, meen hy dit het twee groot tekortkominge. Dus kry die boek ‘n stokkie.

In Ways of Staying ondersoek Bloom elkeen se plek in die land ná 1994, en gesels met verskeie inwoners van Suid-Afrika.

Rossouw spreek kritiek uit teen Bloom se “naïewe liberalisme” in dié resensie in Die Burger. Tweedens kritiseer hy Bloom se “onkunde oor, en gebrek aan dialoog met, Afrikaners, wat miskien nog meer as enige ander gemeenskap ná 1994 worstel met die vrae waaroor sy boek gaan”.

Lees die outeur se “tweets” oor die onderstaande resensie:

Een van die belangrikste maniere waarop simbole soos nasionale en gemeenskapsverhale lewens krag tig gehou word, is om te verseker dat die verhale wat vertel word ook in konkrete handelinge en praktyke beliggaam word. As genoeg handelinge en praktyke nie in die alledaagse lewe hierdie verhale beliggaam nie, skep dit onvermydelik ’n geloofwaardigheidsprobleem vir die verhale, en ’n geloofskrisis vir die individue wat in die verhale moet glo.

Die oorgang van die vorige na die huidige bedeling in Suid-Afrika het onder meer die uitdaging gebring om uit die ou, verdelende verhale van die verlede nuwe, samebindende verhale vir die hede en die toekoms te skep. Dit is presies wat Nelson Mandela en Desmond Tutu met hul verhaal van ’n reënboognasie gesmee uit versoening en onderlinge erkenning probeer vermag het.

Die groot toets vir die geloofwaardigheid van hierdie nuwe ver haal was of dit in genoeg nuwe handelinge en praktyke neerslag kon vind. Die verhaal van SA se oorgang was ’n kragtige voorbeeld van sodanige handelinge en praktyke: Afrikaner en Afrikaan, maar ook wit en swart, het mekaar op talle konkrete wyses erken en ’n nuwe grondwetlike bedeling tot stand gebring.

Kevin Bloom se tweets oor die resensie

  1. KevBloom Been accused of ‘naive liberalism’ by Die Burger – seems I uncritically accept the fiction of apartheid & colonialism http://bit.ly/Nax3I
  2. KevBloom @brodiegal Maybe. But intrigued by critique – would love to fire a debate with Rossouw, the English v Afrikaans v/point is a strong subtext
  3. brodiegal @KevBloom PS – you did see the reviewer appears to be based in Australia?
  4. IvoVegter @KevBloom I share their view on collective white guilt, but ‘fiksie’, even if read as ‘narrative’, is a spectacularly bad choice of word.
  5. KevBloom @brodiegal Yup, noticed the Melbourne thing. Doubt I can keep that little parcel of gunpowder dry for too long…
  6. KevBloom @IvoVegter Not arguing guilt, arguing acknowledgment – which is why ‘fiksie’ word choice is so sublime. How can I not challenge this guy?

this quote was brought to you by quoteurl

Book Details

 

Please register or log in to comment