Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Stoffel Cilliers resenseer Gister is 'n ver land deur Malene Breytenbach

Gister is 'n ver landUitspraak: wortel

Gister is ‘n ver land, deur Marlene Breytenbach, is volgens die resensent Stoffel Cilliers ‘n “uiters realistiese, aktuele roman”. Hy gee die boek ‘n wortel.

Die roman gaan oor een vrou se belewenis van die Mau Mau konflik in Kenia in die 1950’s, sowel as die huidige uitsetting van boere in Zimbabwe.

“Dagboeke, koerantknipsels en dokumente word funksioneel in die terugflits-hoofstukke ingespan,” sê Cilliers in ‘n resensie in Beeld.

Hy meen ook die boek is ‘n fyn studie in verhoudinge: “Nie slegs tussen mans en vroue nie, maar ook tussen meerderes en minderes, tussen swart en wit, tussen vyandige vegtendes, tussen buitelugmense en fynbesnaardes.”

In 1955 vlug Maureen Sheddon inderhaas uit Kenia toe die Mau Mau hul plaas aanval en haar man en tienjarige seun vermoor.

Sy en haar dogter vestig hulle in Rhodesië. In 2003 word ’n uitsettingsbevel aan hierdie heldhaftige, 79-jarige vrou beteken. Sy moet onmiddellik haar Zimbabwiese familieplaas verlaat. Maureen sê later: “Afrika wil ons nie regtig hê nie, wil sy? Sy is ons stiefmoeder en ons haar ongewenste stiefkinders wat probeer vasklou aan haar” (p. 311).

Tog bly die grootsheid van Afrika ’n tema van hierdie uiters realistiese, aktuele roman. Maureen is bitter jammer dat sy daardie grootsheid verloor het.

In haar veelbewoë lewe het dié taai vrou sóveel verdriet in Afrika gely dat sy by geleentheid wonder: “Hoeveel smart kan ’n mens verduur en nog voortgaan?

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment