Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Riette Rust resenseer Thula-thula deur Annelie Botes

Thula-ThulaUitspraak: wortel

Jy moet Annelie Botes se Thula-thula lees, al is dié verhaal oor bloedskande en kindermolestering ontstellend.

Só skryf Riette Rust in ‘n resensie op LitNet. Sy waarsku dat die beskrywings van die molestering nie vir sensitiewe lesers is nie, maar sy meen ook: “Niks is oorbodig nie, want só ervaar die leser die absoluut skreiende vernedering en pyn waardeur die hoofkarakter gaan.”

Die hoofkarakter, Gertruida, se innerlike konflik word volgens Rust goed in die roman na vore gebring. “As leser voel jy jy wil in die storie inklim, vir Gertruida uithaal en red, want jou hart en liggaam pyn saam met hare.”

Hierdie roman is een wat net geskryf móés word. Thula-thula lewer ʼn belangrike bydrae tot die oopskryf van ʼn ernstige sosiale kwessie wat soveel lewens verwoes: kindermolestering. Anchen Troskie vertel (onder die skuilnaam Elbie Lötter) haar eie verhaal in Dis ek, Anna, maar Annelie Botes se verhaal oor dieselfde onderwerp is veel, veel beter – al skryf sy nie uit eie ervaring nie. “Uitmergelende” navorsing was daar wel, vertel die skrywer in onderhoude. Punt is: Botes kán ʼn storie vertel.

Thula-thula (“sjuut-sjuut”) speel oor vier dae af, maar die verhaal van die plaaskind Gertruida wat deur haar pa, Abel, gemolesteer word, word by wyse van terugflitse oor 22 jaar vertel.

Abel is vroom en ʼn kerkganger, maar eintlik ʼn monster wat sy eie dogter vroeg-vroeg haar onskuld ontneem. Nog erger is die feit dat haar ma, Susarah, bewus is van wat aangaan, maar anderpad kyk. Susarah is boonop bang vir vet word en drink te veel lakseermiddels. Ná haar seuntjie, Anthonie, se dood neem sy ook gereeld hoofpynpille en sonder haar liggaamlik en geestelik af van die res van haar gesin. Ook Gertruida se ander ma, Mama Thandeka, wat vir Abel “grootgemaak” het, swyg. Sy het immers self ʼn kind, Mabel, by Abel.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment