Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Koos Kombuis in die sop oor Die Tyd van die Kombi's

Die tyd van die kombi'sShort Drive to FreedomSoos gewoonlik volg moeilikheid en twis die publikasie van een van Koos Kombuis se boeke. Die keer is dit sy vorige bestuurder – ene Dagga-Dirk Uys – wat ontstoke is.

Mnr Uys het die naweek in Rapport losgebrand oor Kombuis se aantygings teen hom in Die Tyd van die Kombi’s. Aldi Schoeman van Die Burger vertel verder:

Dagga-Dirk Uys, ’n voormalige bestuurder van Koos Kombuis, dreig met regstappe teen Kombuis en sy uitgewer oor beweerde laster in sy jongste outobiografie, Die Tyd van die Kombi’s.

In dié boek, wat handel oor die Voëlvry–toer, deel Kombuis links en regs klappe uit en onthul hy onder meer ’n soort “besoekersboek” met name van vroue wat onder hom deurgeloop het.

Uys het gisteraand bevestig hy het reeds ’n prokureur genader.

“Ek sal moet (regstappe doen). My professionele reputasie is skade aangedoen.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment