Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Willem Jordaan resenseer Hani: A life too short deur Janet Smith en Beauregard Tromp

Hani: A life too shortUitspraak: wortel

Hooggeplaaste ANC-figure was nog altyd versigtig om oor Chris Hani te praat, “vanwee die soort figuur wat Hani was en die hartseer nalatenskap verbonde aan die moord op hom”.

Daarom skryf Willem Jordaan op Die Burger se Boekeblok dat die skrywers van Hani: A life too short, Janet Smith en Beauregard Tromp, werklik goeie navorsing oor die lewe van dié bevrydingsheld gedoen het.

Die boek fokus op Hani as mens. Al sou Jordaan ‘n groter politieke analise van Hani wou hê, meen hy hierdie boek is onontbeerlik vir enigeen van in Suid-Afrikaanse geskiedenis of politiek belangstel:

In die eerste omvattende bio­gra­fie oor wyle Chris Hani, slaag die skrywers om ’n belangrike bydrae te maak tot ’n beter begrip van dié bevrydingstrydheld, ’n leier van die SAKP en Umkhonto we Sizwe-bevel­voerder.

Ten spyte van tekortkominge bied Hani – A Life Too Short deur Janet Smith en Beauregard Tromp die leser ’n perspektief op die faktore wat Hani gevorm het gedurende die apartheidsjare in ’n leesbare, stemmingsvolle skryf­styl: “The impepho ­smoul­ders, the scent roughly ­serene as it disperses high above the ­gathering, inviting the ­ancestors to the sacred union”.
In hierdie trant word Hani se lewensverhaal vertel, van sy ­kinderjare in die Transkei, sy ­poli­tieke bewuswording, die ­opleidingsjare in Moskou, die ANC-kampe in Angola, die ­­demo­kratiese oorgangsjare en sy ­geweld­dadige dood in 1993.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment