Joan Hambidge resenseer Vier briewe vir Jan Ellis deur Steve Hofmeyer
Noem die naam Steve Hofmeyr en jy het menings, positief en negatief, oor die sanger en verhoogkunstenaar wat Neil Diamond beter sing as Neil Diamond self.
Die mense van my asem was ’n topverkoper in 2008. Steve blog en spoeg. Hy baklei en stry. Hy word kwaad vir die media, maar hy kan ook nie sonder die media bestaan nie. Al is daar ’n storm in ’n teekoppie.
Hy is waarskynlik die beste voorbeeld dat ’n media-konstruksie ’n lewe van sy eie kan kry. Steve moet sing. Wanneer hy hom oor aktuele sake uitlaat, is hy dikwels uit sy diepte en stoei hy bo sy gewig. Sy onlangse uitsprake by die begrafnis van Eugène Terre’Blanche het eweneens fronse ontlok, nes sy opmerkings oor swart mense.
Boekbesonderhede
- Vier briewe vir Jan Ellis deur Steve Hofmeyr
EAN: 9781770220812
Find this book with BOOK Finder!
Please register or log in to comment