Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Julie: Die eerste Spirit of Schreiner-fees in Cradock

Olive Schreiner The Story of an African FarmDarryl David en Sandra Antrobus is besige mense – besig met die organisering van die eerste Spriti of Schreiner-fees wat in Julie vanjaar gehou word. Die fees word in Cardock gebou ter ere van die bekende skrywer Olive Schreiner.

Die eerste Spirit of Schreiner-fees word van 2 tot 4 Julie in die Oos-Kaapse dorp Cradock aangebied deur Darryl David, stigter van Richmond-boekefees, en Sandra Antrobus van Die Tuishuisie.

Die fees is ter ere van die Suid-Afrikaanse skrywer Olive Schreiner. Olive Emilie Albertina Schreiner is in 1855 in die Oos-Kaap gebore as die 9de van 12 kinders. Sy was van vroegs af ’n vrye denker en het haar in volwassenheid vir feminisme, sosialisme en pasifisme beywer.

Sy was ook ’n uitgesproke teenstander van Britse imperialisme en rassisme in Suid-Afrika. Hoewel sy drome gekoester het om as dokter opgelei te word, het haar swak gesondheid dit verhoed en het sy haar brood verdien deur as goewernante te werk.

Boekbesonderhede


Foto te danke South Africa Tours and Travel

 

Please register or log in to comment