Alfred Schaffer en Ronel Foster gesels oor die digkuns
Die Nederlandse digter Alfred Schaffer het makliker geskryf toe hy vir bykans ‘n dekade lank in Kaapstad gewoon het.
Só het hy aan digter en literator Ronel Foster op die Versindaba webtuiste gesê. Schaffer en Foster het beurte gemaak om mekaar vrae oor die digkuns te vra.
Op Schaffer se vraag of daar ‘n mark in Suid-Afrika is vir ‘n bloemlesing van digters uit die Lae Lande (dalk vertaal in Afrikaans) het Foster gesê: “Daar verskyn jaarliks soveel digbundels in die Lae Lande, dat ‘n keur van onlangse gedigte welkom sal wees”.
RF: Jou fassinerende gedigte met hul interessante gedagtespronge stel besonderse uitdagings aan die leser, ook die Nederlandse leser. Dink jy nie digters moet verstaanbaarder skryf nie?
AS: Daar is geen voorskrifte in poësie nie, behalwe jou eie. Jy mag die leser maar uitdaag, ook op psigologiese of filosofiese vlak, solank jy vir die leser respek toon. En dit moet uit jou hart uit kom. Digters moet veral kan ontdek, in beeld, in betekenis moontlikhede. ‘n Poësie sonder digters soos Lucebert, Stevens, Breytenbach, Celan of Eliot is ‘n armer poësie. Terloops, my gedigte is nie so ingewikkeld nie, dit vra dalk net ‘n ander soort leeshouding. Kooi voel wel soos ‘n afsluiting. My skaamte is verby, die selfkennis groter, so my gedigte sal anders wees, as ek ooit weer van skryf sou gaan hou.
Boekbesonderhede
- Kooi deur Alfred Schaffer
EAN: 9789023432210
Find this book with BOOK Finder!
- Nuwe Stemme 4 saamgestel deur Danie Marais en Ronel de Goede
Book homepage
EAN: 9780624048732
Find this book with BOOK Finder!














Please register or log in to comment