Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Gilbert Gibson, Eben Venter, Chris Karsten, en ander vereer met ATKV-Woordveertjies

Santa GamkaAnderkant PonteniloOogensiklopedieTussen Jazz en RockSeisoen van sondeAnnerlike Afrikaans

‘n Hele paar skrywers het verlede Vrydag by ‘n ATKV-glansgeleentheid met Woordveertjietoekennings weggestap, terwyl David Kramer die Prestigetoekenning ontvang het vir sy bydrae om die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse kultuurlandskap onomkeerbaar te verander en te verryk.

Dit is die derde jaar dat die toekennings aangebied word en vanjaar het dit by MolenVliet, net buite Stellenbosch plaasgevind.

Die wenners is soos volg:

ATKV-Prosaprys: Santa Gamka deur Eben Venter

Prys vir Liefdesroman: Anderkant Pontenilo deur Irma Joubert

Prys vir Poesie: Oogensiklopedie deur Gilbert Gibson

Prys vir Romanses: Tussen jazz en rock deur Elsa Winckler

Prys vir Spanningslektuur: Seisoen van sonde deur Chris Karsten

Prys vir Dramateks: Skrapnel deur Willem Anker

Woordwystoekenning: Annerlike Afrikaans saamgestel deur Anton Prinsloo

Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners is die ontvangers van
vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 10 September by MolenVliet, net buite
Stellenbosch, aangewys. Die Woordveertjies is vanjaar vir die derde keer in samewerking
met Sanlam aangebied.

Vyftien Woordveertjies is toegeken aan uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord.
Die gasvrou vir die aand was Susanne Beyers en die rooi tapyt is behoorlik uitgerol om aan die
uitgesoekte groep gaste ’n onvergeetlike aand van feesviering en puik woordkuns te bied.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment