Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Stoffel Cilliers Resenseer ‘n Dans met die dood: Joernaal van ’n anoreksielyer deur Aniel Botha

'n Dans met die dood: Joernaal van ’n anoreksielyerUitspraak: wortel

Die ondertitel van hierdie soms ontstellende boek, Joernaal van ’n anoreksielyer, dui daarop dat die skrywer dagboek gehou het van haar ses weke lange verblyf in ’n private psigiatriese hospitaal met ’n afdeling vir pasiënte met eetsteurnisse.

Die makabere titel, weer, belig die feit dat die 23-jarige Aniel, wat altyd ’n professionele ballerina wou word, die hospitaal hónger betree: “honger vir kos, vir rus, vir liefde, vir aanvaarding. Honger vir die lewe… Maar veral honger vir die dood” (bl. 4).

Sy waarsku in die begin dat lesers wat ’n gelukkige einde verwag, nie verder moet lees nie. Sy wil nie inspireer of simpatie wen nie. “Ek wil eenvoudig hê dat jy my storie moet hóór.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment