Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Ronelda Kamfer, EKM Dido en Breyten Breytenbach genader vir Afrikaans-fees in Nederland

Die Nederlander Joris Cornelissen van die Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging (NZAV) was onlangs in Suid-Afrika om borge vir ‘n beplande Afrikaans-fees in Nederland te werf. As alles goed gaan, sal die fees waarskynlik op 16 April aanstaande jaar in Amsterdam gehou word.

Cornelissen het reeds ‘n paar skrywers genader om aan die fees deel te neem, naamlik Ronelda Kamfer, EKM Dido en Breyten Breytenbach. Rudolf Stehle het met Cornelissen tydens sy verblyf in Suid-Afrika gesels.

Ek ontmoet die Nederlander Joris Cornelissen Maandagoggend 10:00 by die koffiekroeg met die gepaste naam Java. Hy groet my in Afrikaans en ons neem stelling in by ’n tafeltjie. Joris het reeds ’n cappuccino binne voor die rekenaar kafgedraf en hy stel voor dat ons nóg koffie vir ons kry. “Ik hou veel van koffie,” sê hy en glimlag deur sy klein brilletjie. Joris is smaakvol geklee in ’n kraaghemp en ’n bruin trui en hy het ’n vet leertas in sy hand.

Terwyl ons vir ons cappuccino’s wag, vra ek Joris uit oor sy naweek se bedrywighede. Hy het die Afrikaanse Taalraad se konferensie in die Kunstekaap oor Afrikaans en die onderwys saam met Christo van der Rheede bygewoon, verduidelik hy met sy Nederlandse tong wat voel-voel aan die Afrikaanse woorde. Hy was ook by Het Jan Marais Nasionale Stigting en by die Dagbreektrust om fondse in te samel vir die Afrikaans-fees op 16 April aanstaande jaar in Nederland waaraan hy besig is om te beplan.

Emma en NellaNoudat slapende honde

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment