Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Andre P Brink lewer Jan Rabie/Marjorie Wallace-gedenklesing oor geweld en literatuur

André Brink

Die Jan Rabie/Marjorie Wallace-gedenklesing wat André Brink vanjaar gelewer het, het gefokus op geweld in Suid-Afrika en in Suid-Afrikaanse literatuur.

Volgens Brink is die Suid-Afrikaanse geskiedenis gevul met geweld wat sedert die vroegste tye ook in ons literatuur weerspieël is. Maar deesdae is dit asof daar ‘n surplus van geweld is wat al hoe gruweliker word. Dit is ook nie “maklik verklaarbare sosiale geweld” nie.

Speur- en spanningsverhale wat hier en oorsee ‘n opbloei beleef, weerspieël ook volgens Brink die feit dat die skeidslyn tussen goed en kwaad nie meer so duidelik is nie.

Selfs ’n vlugtige kyk na die Ground Zero van ons literatuur ná apartheid sal ’n mens waarskynlik by dieselfde waarneming bring wat enige besoeker aan die land binne enkele dae sou kon maak: dat Suid-Afrika ’n land van geweld is.

’n Mens kom dit ook agter as jy jou selfs net ligtelik in die Suid-Afrikaanse geskiedenis verdiep: eeu ná eeu, dekade ná dekade, in laag op laag, is geweld die één verskynsel wat álles aanraak en selfs definieer. In dié land is ons almal in geweld ontvang en gebore.

'n Vurk in die padA Fork in the Road

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment