Woordfees ontvang Fiësta-toekenning vir “Gewildste Fees in Suid-Afrika”

Op 3 Februarie het kykNET hul eerste Fiësta-toekennings aan akteurs, aktrises, regisseurs, en ook die Woordfees oorhandig.
Kykers kon per SMS vir die gewildste kunstefees in Suid-Afrika stem, en Stellenbosch se Woordfees het met die louere weggestap.
Dat die Woordfees van ‘n hoë gehalte is en die profiel van veral skrywers en woordkunstenaars in Suid-Afrika verhoog is definitief waar. Die aanwysing daarvan deur die algemene publiek as die “gewildste” fees kom egter as ‘n verrassing (alhoewel nie ‘n onaangename een nie), siende dat ander feeste blyk om meer populêre aanhang te hê.
Die Burger het oor die toekennings verslag gedoen:
Drie kunstenaars is ook vir hul lewenswerk vereer by die eerste geleentheid waar die kykNET Fiestas toegeken is. Altesaam is 18 van hierdie pryse uitgedeel.
Die Kaap kan ook met reg trots wees op Die Argitekbekke se produksie Afrikaaps.
Moenier Adams is aangewys as die beste opkomende kunstenaar, en die Fiesta vir die beste musiekgedrewe produksie het ook aan Afrikaaps gegaan.
Lees ook prof Dorothea van Zyl, Woordfeesdirekteur, se bedankingstoespraak:
By die aanhoor van hierdie nuus het ’n groot wolk van dankbaarheid oor my gesak. En die Woordfeesspan is in die wolke oor die nuus.
Heel eerste: ons dank aan kykNET, wat die eerste instansie in die land is om op hierdie spesiale erkenning te gee aan die rol van feeste om soos vonkproppe die enjin van die skeppende kunste in die land aan die brand te skop.












Please register or log in to comment