Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

@flavorpill unveils list of 10 YA books that "scarred us for life": http://t.co/tclZVKlQ

Johann de Lange, Nicole Jaekel Strauss, Lina Spies en Elsa Joubert wen Hertzog-, Eugène Marais- en ander SA Akademiepryse

Nicole Jaekel Strauss Lina Spies Elsa Joubert

Die algebra van noodMaalDie agterhuisReisiger

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het oor die naweek hul gesogte jaarlikse pryse vir poësie, prosa, vertaalde werk, niefiksie en klassieke musiek, sowel as ‘n aantal erepennings toegeken.

Johann de Lange het die Hertzogprys vir poësie vir sy bundel Die algebra van nood ontvang. Die Eugène Marais-prys vir ‘n eerste of vroeë letterkundige werk is aan Nicole Jaekel Strauss vir haar debuutbundel kortverhale Maal toegeken. Lina Spies is die wenner van die SA Akademieprys vir vertaalde werk vir haar vertaling van Die agterhuis van Anne Frank en Elsa Joubert is die ontvanger van die Louis Hiemstra-prys vir niefiksie vir haar outobiografie Reisiger.

Lees meer oor die pryse en erepennings in Die Burger:

Kaapstad – Die Kaapstadse digter Johann de Lange het die Hertzogprys vir poësie vir sy bundel Die algebra van nood (Human & Rousseau) gewen.

Die Hertzogprys is die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld en heet na die groot kampvegter vir Afrikaans, genl. J.B.M. ­Hertzog. Dit word saam met ander pryse uitgeloof deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en kuns.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment