Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Christa Jonker-Jordaan, skrywer van Chilli-Lipstiek, sterf in motorongeluk

Chilli-lipstiek 2Dit is met hartseer dat ons via Izak de Vries verneem het dat die skrywer Christa Jonker-Jordaan gister in ‘n motorongeluk oorlede is. Jonker-Jordaan (54), die outeur van onder meer Chilli-Lipstiek 1 en 2, was volgens Volksblad oppad na George vir die geboorte van haar derde kleinkind toe die ongeluk gebeur het:

Die dood van ’n Bloemfonteinse skrywer gister in ’n motorongeluk op pad na George is met ongeloof in die stad begroet.

’n Foto van mev. Christa Jonker-Jordaan (54) het nog gister in Volksblad verskyn waar sy eergister ’n boekbekendstelling bygewoon het.

Sy en haar man, prof. Gerrit Jordaan (60), was op pad na George vir die geboorte van hul derde kleinkind toe die ongeluk gebeur het. Sy is vermoedelik op slag dood.

Donatello en VolksieMarion Erskine, skrywer van onder meer Donatello en Volksie, het ‘n hartroerende huldeblyk aan Jonker-Jordaan op sy blog geskryf. Hy vertel dat sy hom altyd ondersteun het. Sy het die eensame paadjie wat ‘n skrywer soms stap vir hom kom opvrolik:

Soveel dae het mense al vir my gesê dat ek verslaaf is aan Facebook en dat ek soveel tyd daar spandeer. Wat hierdie mense nie besef nie, is dat daar ‘n ander ‘familie’ aan daardie kant van die kuberkabels sit wat my daagliks aanmoedig, saam met my lag, saam met my hartseer is en wat saam met my huil vanaand. My liewe vriendin Christa Jonker-Jordaan het 18 Mei 2011 opgestaan en haar gereed gemaak vir die reis van Bloemfontein na George. Min het sy geweet dat sy nooit die sonsondergang weer sou sien nie. Sy is in ‘n motor-ongeluk oorlede oppad George toe.

Christa se laaste FB status het die vorige aand gelees:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment