Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

@flavorpill unveils list of 10 YA books that "scarred us for life": http://t.co/tclZVKlQ

Exclusive Books se Lekkerleesfees 2011 skop vandag af (Plus: Kompetisie begin Maandag)

Exclusive Books se jaarlikse Lekkerleesfees, wat spesiaal aangebied word vir die lesers van Afrikaanse boeke, skop vandag, 1 Julie 2011, af en sal tot die einde van Augustus duur.

Sedert verlede jaar het dié fees aansienlik gegroei. Waar daar in 2010 aanbiedinge op nege Afrikaanse boeke was, sal klante vanjaar 300 Fanatics punte op soveel as 33 Afrikaanse titels kan verdien. Nie net nuwe Afrikaanse boeke soos Dan Sleigh se Wals met Matilda, Valiant Swart se Toorwoorde roep my en Steve Hofmeyr se Die verste uur, maak deel uit van hierdie fees nie, maar ook ikoniese Afrikaanse boeke soos André Brink se Kennis van die aand en Etienne Leroux se Magersfontein, O Magersfontein!. Poësie word ook nie afgeskeep nie: Al drie volumes van Groot Verseboek 2008, Die beginsel van stof deur Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker se Versamelde werke sal onder meer vir jou 300 punte in die sak bring.

Maandag word daar ook ‘n kompetisie as deel van die Lekkerleesfees van stapel gestuur. As jy ‘n Afrikaanse kortverhaal of gedig op Exclusive Books se Facebook-blad plaas, staan jy die kans om ‘n R250- of R500-geskenkbewys van Exclusive Books, of die eerste prys, ‘n geskenkpakkie van 33 boeke, te wen.

Kyk ‘n video oor die Lekkerleesfees:

YouTube Preview Image

Kyk hier watter boeke deel is van die Lekkerleesfees:

Nuwe boeke

Hoogty Wals met MatildaAbel se lotTuiskomsBoereoorlogstoriesRugbymalKos vir die kennerFabels van EsopusToorwoorde roep myEk dare jou...Leef voluit!'n Seun soos BramEvita se BlackBessieDie verste uurDaar's 'n hoender wat 'n eier nie kan leOor bokdrolletjies en rosyntjies

Ikoniese boeke

Kook en GenietEilandeAnderkant die scrapGriet skryf 'n sprokieKennis van die aandMoer toe die vreemde in

Magersfontein, O Magersfontein!'n Ander landLiewe Heksie Omnibus

Poësie

Groot Verseboek 2008Groot Verseboek 2008Groot Verseboek 2008Die algebra van noodDie beginsel van stofVersamelde Werke

Boekbesonderhede

Grafika te danke aan Exclusive Books

 

Please register or log in to comment