Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Gillian Schutte: Arja Salafranca, Helen Moffett en al hoe meer ander vroue skryf oor die lyf

Strange FruitThe Thin LineIn a Ribbon of RhythmWena

Books LIVE het vroeër hierdie week ‘n artikel deur Gillian Schutte, getiteld “Eve Ensler’s Vagina Magic”, gepubliseer, waarin sy ‘n onderhoud met Ensler, van Vagina Monologues-faam, gevoer het. Schutte het ook onlangs ‘n artikel in Rapport geskryf waarin sy aanvoer dat vroue al hoe meer die vrymoedigheid het om oor hul liggame en lyflikhede te skryf. Sy noem Myesha Jenkins, Napo Masheane, Lebo Mashile en Ntsiki Mazwai van die groep Feela Sista, sowel as die Rite 2 Speak-groep, die digter Helen Moffett en die kortverhaalskrywer Arja Salafranca as voorbeelde van sulke selfversekerde vroue:

Die laaste paar jaar was daar ’n toename in poësie waarin vroue oor hul liggaam (en lyflikhede) skryf. Van hul behoeftes en begeertes tot die botsende emosies wat gepaardgaan met van maandstonde tot die innerlike prikkeling van begeerte en wellus: Vroue skryf daaroor en van hul werk word selfs gepubliseer.

Daarby sorg groepe soos Feela Sista en Rite 2 Speak dat al hoe meer vroulike woordkunstenaars op die openbare verhoog verskyn.

Boekbesonderhede


 

Please register or log in to comment