ATKV-Woordveertjies 2011: Dubbele bekroning vir Chris Karsten (Plus: Al die wenners!)
Chris Karsten se misdaadroman Abel se ontwaking (Human & Rousseau) het vanjaar nie net die gesogte Prosaprys by die toekenningsaand van die AKTV-Woordveertjies 2011 ontvang nie, maar is ook met die Prys vir Spanningslektuur bekroon.
Karsten het gedugte teenstanders soos Christine Barkhuizen le Roux (Padmaker) en Piet Steyn (Etosha) uitgestof om die Prosaprys en R25 000 prysgeld in te palm. In die kategorie vir Spanninglektuur het hy teen swaargewigte soos Deon Meyer (Spoor) en Leon van Nierop (Vuurvreter) geseëvier. Hiervoor het hy R10 000 prysgeld ontvang.
Karsten kon nie die toekenningsplegtigheid Vrydagaand by Nooitgedacht buite Stellenbosch bywoon nie, maar sy redakteur, Janita Holtzhausen, het die pryse namens hom in ontvangs geneem. Karsten het deur middel van ‘n video-opname, wat by die geleentheid vertoon is, sy bedanking gedoen.
Ruda Landman het die seremonie gelei en die name van al die Woordveertjie-wenners, wat elkeen R10 000 prysgeld ontvang, aangekondig. Hulle is:
- Woordwystoekenning: My HAT Storiewoordeboek deur Linda Rode (Pearson)
- Prys vir Dramateks: Babbel deur Nicola Hanekom
- Prys vir Romanses: Lied in jou hart deur Jacolet van den Berg (LAPA)
- Prys vir Liefdesroman: Vier seisoene kind deur Wilna Adriaanse (Tafelberg)
- Prys vir Poësie: Ligloop deur Tom Gouws (Human & Rousseau)
- Prys vir Spanningslektuur: Abel se ontwaking deur Chris Karsten (Human & Rousseau)
- AKTV-Prosaprys: Abel se ontwaking deur Chris Karsten (Human & Rousseau)
Die wenners vir die ATKV-Kinderboektoekennings, wat onlangs bekend gemaak is, het ook hul Woordveertjies by die geleentheid in ontvangs geneem. Die skrywers Theresa van Baalen, Keina Swart, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Alet Steenkamp en Nerine Ehlers, sowel as die illustreerders Chris Venter, Maya Sereda en Alistair Ackermann, het elk met ‘n Woordveertjie weggestap.
* * * * * * * *
Books LIVE het die toekenningsaand bygewoon en ons lesers deur middel van Twitter op hoogte gehou van die gebeure. Hier is ‘n paar van die twiets:
Ek is by die toekenningsaand vir die ATKV-Woordjies by Nooitgedacht buite Stellenbosch #livebooks
Na heerlike versnaperinge het die gaste nou hul plekke by die tafels ingeneem by die ATKV-Woordveertjies #livebooks
Aan ons tafel sit Jacolet van den berg en Anita du Preez – albei finaliste in die Romanses-kategorie #livebooks
Voorgereg: Geroosterde botterskorsie, fetakaas & pampoenpitte op blaarkorsskyf #livebooks http://t.co/1NODsVe
Ruda Landman open die geleentheid #livebooks
Die kinderboektoekennings word oorhandig #livebooks
Musiek word verskaf deur Pieter van der Westhuizen #livebooks
Woordwystoekenning gaan aan: Linda Rode vir My HAT storiewoordeboek #livebooks
Dramaprys gaan aan Babbel deur Nicola Hanekom #livebooks
Prys vir Romanses gaan aan: Jacolet van den Berg vir Lied in my hart #livebooks
Prys vir liefdesroman: Vier seisoene kind deur Wilna Adriaanse #livebooks
Musiekgroep van Solms Delta maak nou musiek #livebooks
Prys vir spanningslektuur: Chris Karsten vir Abel se ontwaking #livebooka #atkv
Prys vir digkuns: Ligloop deur Tom Gouws #livebooks #atkv
‘n Huldeblyk aan woordmense wat in die afgelope paar jaar gesterf het, volg nou #livebooks #atkv
Prosaprys by ATKV-Woordveertjies gaan aan: Chris Karsten vir Abel se ontwaking – ‘n dubbele bekroning! #livebooks #atkv
Chris Karsten is nie teenwoordig nie, maar ‘n video word gespeel waarin hy sy bedanking doen #livebooks #atkv
Daarmee kom die prysuitdeling tot ‘n einde en kan die gaste nou net lekker kuier! #livebooks #atkv
Die hoof- en nagereg sal netnou bedien word & gaste word nou deur ‘n musiekgroep van Solms Delta vermaak – lekker #livebooks #atkv
* * * * * * * *
Facebook galery
Boekbesonderhede
- Abel se ontwaking deur Chris Karsten
Boek se tuisblad
EAN: 9780798151306
Find this book with BOOK Finder!
- Vier seisoene kind deur Wilna Adriaanse
Boek se tuisblad
EAN: 9780624048671
Find this book with BOOK Finder!
- Ligloop deur Tom Gouws
Boek se tuisblad
EAN: 9780798152396
Find this book with BOOK Finder!
- Lied in jou hart deur Jocolet van den Berg
EAN: 9780799344936
Find this book with BOOK Finder!
- My HAT Storiewoordeboek saamgestel deur Jana Luther
EAN: 9781775780700
Find this book with BOOK Finder!




































Please register or log in to comment