Stephanie Nieuwoudt resenseer As die stroom jou vat deur Jeanne Els

Uitspraak: wortel, ten spyte van “problematiese” opnoem van bekendes
In ’n wêreld waar die een taboe na die ander na die lig gebring en ondersoek word, is daar steeds ’n effense stilte voordat iemand wie se ouers of ander familielid selfmoord gepleeg het, dié bekentenis maak.
En dikwels weet die mense wat die woorde aanhoor, ook nie wat om te sê nie. Dalk het dit iets te make met die eeue oue breinspoeling dat selfmoord sonde is. Dat enigiemand wat selfmoord pleeg, nie in die hemel gaan beland nie. Daar is ook steeds allerlei vrae oor hoe moreel dit dan is om selfmoord te pleeg. Om te ontsnap aan die negatiewe konnotasies van die woord selfmoord word die woord selfdoding toenemend gebruik om die daad te beskryf.
Boek se tuisblad
- As die stroom jou vat: Die raaisel van selfmoord deur Jeanne Els
EAN: 9780624049708
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!












Please register or log in to comment