Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Fraai Magriet resenseer Naweek deur Toast Coetzer

NaweekUitspraak: “gemengde gevoelens”, want die roman is “nie inhoudelik so sterk is as wat dit op stilistiese vlak is nie”

Toast Coetzer is nie net ’n talentvolle fotograaf en geliefde joernalis nie, hy het ook op musiekfront naam gemaak as voorsanger (voorprater?) van The Buckfever Underground – een van die min Suid-Afrikaanse musiekgroepe waarvan die werk vergelykbaar is met die sogenaamde performance poetry wat in die Lae Lande so gewild is. Toast Coetzer is iemand wie se doen en late ek dophou en wie se skryfwerk ek geniet. Ek het dus in 2009 met hoë verwagtings sy debuutroman Naweek aangeskaf.

Sommige resensente het die boek toegejuig. Jaybee Roux was hoogs beïndruk: “As debuutromans ’n genre op sy eie is, beïndruk Naweek ver buite die grense van die genre.” Izak de Vries (2009) vergelyk dié roman glads met allerlei gekanoniseerde werke: Anna M. Louw se Kroniek van Perdepoort, André P. Brink se Inteendeel, J.M. Coetzee se Disgrace, Eben Venter se Horrelpoot en Heart of Darkness deur Joseph Conrad. Die blote feit dat De Vries Naweek in dieselfde asem as hierdie werke noem, het ’n sterk waardetoekennende uitwerking. De Vries sluit sy uiters positiewe resensie af deur Naweek aan te beveel vir mense wat lief is vir (die literêre ekwivalent van) donker sjokolade en sterk koffie. Dit is mos ek, het ek destyds gedink.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment