Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Willem Anker ontvang Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs 2012

Willem Anker

SiegfriedSkrapnelDie grootste skryfbeurs in die land, die Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs, ter waarde van R350 000, is gister aan die skrywer en dramaturg Willem Anker toegeken.

Die doel van die beurs is om “‘n belowende of ‘n gevestigde skrywer in staat te stel om vir ‘n jaar lank te fokus op ‘n projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans”. Dit word uit Wallace se boedel, volgens haar testament, gefinansier.

Elmari Rautenbach haal in Die Burger aan dat die beoogde roman wat Anker aan die beurskomitee voorgelê het, oor Coenraad de Buys, “die ­rebelse grensboer, rewolusionêr, veedief, outlaw, poligamis, ­advi­seur van Gaika, vriend van die sendeling Johannes van der Kemp, grootwildjagter, charmer, trekker en kwaadstoker” sal handel. “Buys is in 1761 gebore en het in 1821 spoorloos verdwyn op pad na Mosambiek.”

Anker is bekend vir sy debuutroman, Siegfried, wat die UJ-prys vir ’n debuutwerk in 2008 en die Jan Rabie/Rapport-prys vir vernuwende werk gewen het. Sy drama Skrapnel, ontvanger van die 2009 Anglo Gold Ashanti / Aardklop Smeltkroesprys (teks), die 2009 Beeld Plus Aartvarkprys (regie en ontwerp) en die 2010 ATKV Woordveertjie-toekenning vir dramatekste, het vanjaar in boekvorm verskyn.

Hy is nog oorbluf oor die nuus, was die skrywer en dramaturg Willem Anker se reaksie gister op die aankondiging dat die grootste skrywersbeurs in die land, die Jan Rabie en Marjorie Wallace-skryfbeurs, deur die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) aan hom toegeken is.

Prof. Brian O’Connell, die UWK se rektor en vise-kanselier, het die nuus gister bekend ­ge­maak. Die beurs beloop R350000. Dit spruit uit ’n ­be­making van oor­lede Marjorie Wallace – ’n ­Skotse skilder wat saam met haar man, die skrywer Jan ­Rabie, dekades lank ’n ­lewendige bymekaarkomplek vir Afri­kaanse skrywers gebied het – ter ondersteuning van kreatiewe skryfkuns in Afrikaans. O’Connell het bevestig die beurs is die grootste in die land vir die aanmoediging van skeppende skrywers. Dit word tweejaarliks aan ’n skryf­projek toegeken.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment