Willem Anker gesels oor sy historiese helde en ander gunstelinge

Met behulp van die Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs wat Willem Anker onlangs ontvang het, sal hy nou uiteindelik sy volgende roman oor een van sy historiese helde, die rebelse grensboer Coenraad de Buys, kan skryf.
Anker het aan Beeld vertel dat Koos de la Rey ook onder sy gunsteling historiese figure tel, “maar nie daai f****n liedjie nie”. Billy the Kid, Boeddha, Ned Kelly, Merlin, André Stander, Caligula, Genghis Khan en Kurt Cobain haal ook Anker se lys.
Lees Anker se skerpsinnige antwoorde op die verskeidenheid vrae wat deel vorm van die Proust-vraelys:
Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi?
’n Selfingenome vegan.Wat sou jy dan vir ete maak?
Lamstjops en beesfilet op die kole met ’n murgsous.
Boekbesonderhede
- Siegfried deur Willem Anker
EAN: 9780795702549
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Skrapnel deur Willem Anker
EAN: 9781869194093
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Foto te danke aan LitNet













Please register or log in to comment