Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Jennifer de Klerk Reviews The Garden of Evening Mists by Tan Twan Eng http://t.co/tjbE5kkS

Program vir Woordfees 2012 bekendgestel

Brandon October en Prof Dorothea van Zyl

Die US Woordfees se tema vir 2012 is “Groen” en die items op vanjaar se program sluit alles van natuurstaptogte tot optredes deur immergroen skrywers, sangers, visuele kunstenaars en akteurs in.

Só het prof Dorothea van Zyl, Woordfeesdirekteur, gisteraand by die bekendstelling van die feesprogram by Lourensford-landgoed gesê. Daar gaan selfs ‘n “Groen Maskerade” wees waar jy met jou eie masker van herwinbare materiaal deur die strate van Stellenbosch kan stap, en ‘n velddraf ten bate van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

‘n Kunswerk van ‘n groen seuntjie, met die nasionale blom wat uit sy kop groei, geskep deur Theo Kleynhans, is op die voorblad van die Woordfees-boekie wat by die geleentheid aan die gaste uitgedeel is. “Die boekie is vanjaar nog dikker as vantevore,” het Van Zyl gesê. “Een van die dae sal ons dit nie kan vaskram nie!”

Die Woordfees vier vanjaar sy 13de bestaansjaar, en volgens Van Zyl glo hulle dat “13″ net geluk sal bring. Die fees het reeds heelwat suksesse behaal. Verlede jaar is die Fiesta-toekenning vir gewildste fees aan die Woordfees toegeken en het die fees se Woorde Open Wêrelde-projek vir leesbevordering meer as 82 500 mense bereik.

Johan van Zyl van Sanlam, Japie Gouws van die ATKV, prof Rudolf Botha van die Universiteit Stellenbosch en Bun Booyens, redakteur van Die Burger, het die Woordfees alle voorspoed toegewens.

Daarna het Brandon October en ‘n sangeres van die Oekraïne, Antonina Dariienko, ‘n voorsmakie gegee van hul produksie, Droomvrou, wat by die Woordfees opgevoer sal word. Die produksie vertel die lewensverhaal van Dariienko deur Lucas Maree se musiek. Kyk ‘n video van hul vertoning:

YouTube Preview Image

Books LIVE het die bekendstelling van die Woordfeesprogram bygewoon en deur die boekie geblaai. Ons het ‘n hele paar items op die program gesien wat nie misgeloop kan word nie. Dit sluit in profiele van Nadine Gordimer, Leon Rousseau, Nerina Ferreira en Marie Heese, sowel as huldeblyke aan die immergroen ikone Jan Rabie, Riaan Cruywagen, Patrick Petersen en Sandra Prinsloo.

Telling TimesFritz Deelman en die SuidpoolbendeDie geheime wapenDie honger reisigerThe Colour of Power

Ons het vroeër berig dat die ontslape biograaf en historikus, John Kannemeyer, wat op Kersdag oorlede is, ook by die Woordfees gehuldig sal word. Dit sal die plek inneem van die gesprekke waaraan Kannemeyer sou deelneem, onder meer oor sy komende biografie van JM Coetzee.

Mongane Wally Serote gaan oor sy skrywersloopbaan gesels en daar is ‘n ete saam met André Brink by die Towerbosch Aardkombuis by Knorhoek, wat ‘n gesprek oor sy komende slaweroman, Philida, insluit. Lesers kan ook uitsien na nuwe digbundels deur Joan Hambidge en Petra Müller wat by die fees bekendgestel word.

Die groot anders-maak Revelations'n Vurk in die padVisums by verstekDesembersGrond/Santekraam

Die Nederlandse element wat nou al eie aan die Woordfees is, kom vanjaar in die vorm van die Vlaamse digter Leonard Nolens en die bekroonde Nederlandse skrywer Kees ‘t Hart.

Die “groentjies” in die Afrikaanse literatuur hoef ook glad nie terug te staan nie: In “Ons is nuut hier” gesels Ronelda Kamfer en Margot Luyt met die opkomende jong stemme soos Pieter Odendaal, Nathan Trantraal, Lisel Kruger en Hendrik van Niekerk.

Daar is eintlik te veel interessante aanbiedinge om op te noem! Bestudeer maar liewer self die program en hou Books LIVE dop vir nog Woordfees-nuus.

* * * * * * * *

Carolyn Meads het regstreeks vanaf die bekendstelling van die Woordfees-program getwiet:


Ek is by die bekendstelling van die Woordfees-program vir 2012 by Lourensford wynlandgoed. #livebooksMon Jan 16 17:15:58 via Twitter for iPad


Dit is ongelooflik warm hier by Lourensford! #livebooksMon Jan 16 17:16:54 via Twitter for iPad


Woordfeesdirekteur Prof Dorothea v Zyl open die geleentheid. #livebooks http://t.co/EETMVsjgMon Jan 16 17:19:50 via Twitter for BlackBerry®


Die tema van US Woordfees 2012 is ‘Groen’. Dws ‘bewaring’ maar ook ‘groen’ in alle vorme, insluitend ‘groen hare’ volgens Van Zyl #livebooksMon Jan 16 17:23:04 via Twitter for iPad


Die is ‘n ‘groen’-fees in alle opsigte, behalwe dat dit allermins ‘n groentjie is! #livebooksMon Jan 16 17:28:03 via Twitter for iPad


Van Zyl verwys na die Fiesta-toekenning, meer as 50% groei, meer permanente poste, en ander suksesse. #livebooksMon Jan 16 17:31:03 via Twitter for iPad


Prof Rudolf Botha van die US spreek die universiteit en rektor se goeie wense vir die Woordfees uit. #livebooksMon Jan 16 17:33:08 via Twitter for iPad


Die prof noem dat @MeyerDeon se 13 Uur sy lewe gered het, want hy het laat le & lees toe hul huis aan die brand steek. #livebooksMon Jan 16 17:34:12 via Twitter for iPad


‘Hulle se as ek nie wakker was met die lesery nie, sou ons dit nie oorleef het nie!’ #livebooksMon Jan 16 17:35:21 via Twitter for iPad


Johan v Zyl van Sanlam gesels oor die Sanlam Blou Tapyt Musiekfees wat deel van die Woordfees 2012 vorm. #livebooksMon Jan 16 17:37:24 via Twitter for iPad


Bun Booyens van @Die_Burger gesels oor gepastheid van ‘groen’-tema van die Woordfees. Afr het wonderlike beskrywings van natuur #livebooksMon Jan 16 17:41:04 via Twitter for iPad


Booyens: Gaan stap deur botaniese tuin op Stellenbosch & kyk na beskrywende plantname soos ‘moederskappie’ & ‘skoonma-se-tong’ #livebooksMon Jan 16 17:43:13 via Twitter for iPad


Brandon October gee nou ‘n voorsmakie van Droomvrou, ‘n produksie met Lucas Maree se musiek wat by Woordfees 2012 gan wees #livebooksMon Jan 16 17:48:14 via Twitter for iPad


Prof Dorothea v Zyl sluit die verrigtinge af met ‘n gediggie van ‘n WOW-leerder #livebooksMon Jan 16 18:05:14 via Twitter for iPad

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment