Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Jennifer de Klerk Reviews The Garden of Evening Mists by Tan Twan Eng http://t.co/tjbE5kkS

Carolyn Meads ondersoek die aanpasbaarheid van e-boeke

Anita en Deon Meyer se kookboek Kom eet!, Koos Kombuis se memoir In die tyd van die kombi’s en die biografie Anton Rupert: ‘n Lewensverhaal deur Ebbe Dommisse en Willie Esterhuyse is al drie voorbeelde van boeke wat, om verskillende redes, kort ná hul verskyning bygewerk moes word.

Kom eet!Die tyd van die kombi�sAnton Rupert

Met gedrukte boeke moet daar gewag word totdat die eerste oplaag uitverkoop voordat veranderinge in die tweede druk aangebring kan word. Dit gebeur egter al hoe meer dat jy ‘n bygewerkte weergawe van ‘n e-boek met die druk van ‘n knoppie kan aflaai.

In ‘n artikel wat ek vir By geskryf het, ondersoek ek die aanpasbaarheid van e-boeke en gesels ek met verskeie uitgewers oor die moontlikhede wat dit in die toekoms vir die bywerk van boeke kan inhou:

Daar is die geval van die onskuldige tikfout, of die vermiste kopieregreël, of die sin wat jy tik in ’n oomblik van onbesonnenheid wanneer die muse met jou tiekiedraai. En voordat jy jou oë uitvee, is die boek in druk en is jou fout in swart-op-wit verewig… Maar met e-boeke hoef dit nie meer so te wees nie.

Kort nadat hulle die splinternuwe Steve Jobs-biografie deur Walter Isaacson as e-boek aangeskaf het, het sommige kopers ’n e-pos ontvang met die versoek dat hulle hul ou weergawe van die boek uitvee en ’n nuwe weergawe aanlyn aflaai. Dit was nie omdat ’n fout of sappige leuen met die publikasie van die eerste uitgawe ingesluip het nie.

Boekbesonderhede


Scribd.com book preview:

Die tyd van die Kombi’s: ’n Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

 

Please register or log in to comment