Ronelda Kamfer en Abraham de Vries met Afrikaans Onbeperk-toekennings vereer

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vereer vanjaar vir Abraham de Vries en Ronelda Kamfer met Afrikaans Onbeperk-toekennings vir hul verruiming en verryking van die leefwêreld van Afrikaans.
Die Afrikaans Onbeperk-toekenning word jaarliks toegeken en het verlede jaar aan Ingrid Winterbach gegaan. Vanjaar word ‘n nuwe Afrikaans Onbeperk-toekenning vir ’n Jong Stem aan Kamfer toegeken, terwyl De Vries vir lewenslange bydrae vereer word.
Die produksie Smelt, wat vanjaar by die fees opgevoer word, is op De Vries se verhale oor die Klein-Karoo gebaseer:
Die skrywer Abraham H. de Vries en die digter Ronelda Kamfer ontvang albei vanjaar ’n Afrikaans Onbeperk-toekenning van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).
Die toekennings word sedert die begin van die fees gegee aan “mense wat die leefwêreld van Afrikaans verruim en verryk”. De Vries ontvang dit vir sy lewensbydrae en Kamfer ontvang die nuwe Afrikaans Onbeperk-toekenning vir ’n Jong Stem.
’n Derde toekenning vir vertolking sal nog aangekondig word.
Boekbesonderhede
- Grond/Santekraam deur Ronelda Kamfer
Boek se tuisblad
EAN: 9780795703652
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die behoue huis: ‘n Keur uit die kortverhale van Abraham H. de Vries deur Abraham H. de Vries
Boek se tuisblad
EAN: 9780798152792
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment