Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Potgooi: Katinka Heyns oor die fliek Eugene Marais: Die Wonderwerker, wat vanjaar verskyn

Eugene Marais: Versamelde WerkeDie siel van die mierThe Soul of the White AntThe Soul of the ApeDie groot verlange

Later vanjaar gaan daar ‘n rolprent oor die skrywer, digter, natuurkenner en filosoof Eugène Marais, getiteld Eugène Marais: Die Wonderwerker, verskyn. Dit is geskryf deur Chris Barnard, wat tien jaar gelede reeds daaraan begin werk het, en Katinka Heyns behartig die regie.

Heyns het op RSG gesê dat Eugène Marais: Die Wonderwerker op ‘n spesifieke hoofstuk in Marais se lewe fokus, toe hy in 1908 by ‘n gesin in die Waterberge gebly en navorsing oor termiete en bobbejane gedoen het. “Die hooftema is ‘n liefdesverhaal,” het sy gesê.

Marais se storie het oor die dekades heen vele mense se verbeelding aangegryp. In 1977 het Athol Fugard byvoorbeeld die draaiboek The Guest: An Episode in the Life of Eugène Marais saam met Ross Devenish geskryf. Fugard het self die rol van Marais in daardie rolprent vertolk. In Eugène Marais: Die Wonderwerker sal Dawid Minnaar in die rol van Marais te sien wees.

Luister na Heyns se gesprek oor die rolprent:

In Januarie het Volksblad berig dat Heyns nog net ‘n mak bobbejaan vir die fliek benodig. Hopelik is kees al gevind, en draai Eugène Marais: Die Wonderwerker binnekort in teaters:

Al wat die fliekregisseur en -vervaardiger Katinka Heyns nodig het om haar fliek oor Eugéne Marais klaar te maak, is ’n mak bobbejaan, maar dié is klaarblyklik skaarser as hoendertande.

Die fliek Eugéne Marais (Die Wonderwerker) handel oor die digter en natuurkenner Marais se verblyf by ’n gesin in die Waterberg in Limpopo terwyl hy in 1908 daar navorsing oor termiete en bobbejane gedoen het.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment