Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Adam Small ontvang Hertzogprys, Sonja Loots kry Eugene Maraisprys (Plus: Al die Akademiepryse)

In ‘n interessante wending het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns besluit om vanjaar die Hertzogprys vir Drama, wat gewoonlik toegeken word aan ‘n werk wat in die afgelope drie jaar verskyn het, aan Adam Small vir sy algehele drama-oeuvre toe te ken. Die Akademie is in die verlede deur, onder andere, Breyten Breytenbach gekritiseer omdat dit versuim het om Small met die Hertzogprys te bekroon. Dit blyk dat hierdie situasie nou reggestel word.

Kanna hy kô huistoeSirkusboereAspris-KrokkedisDie lewe en werke van kaboutersDie oproep van die kaboutersDie boek van toeval en toeverlaat

Sonja Loots ontvang die gesogte 2012 Eugène Maraisprys vir ‘n eerste of vroeë publikasie vir haar roman, Sirkusboere, die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur gaan aan Theresa van Baalen en Joan Rankin vir Aspris-krokkedis en Amelia de Vaal is met die Elsabe Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans bekroon vir haar vertaling van Die lewe en werke van Kabouters en Die oproep van die Kabouters.

Voorts is Ingrid Winterbach se roman Die boek van toeval en toeverlaat met die CL Engelbrechtprys vir Letterkunde bekroon en het prof Rufus Gouws die CJ Langenhovenprys vir Taalwetenskap ontvang.

Lees ook oor die ander wenners:

Die raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het vandag besluit om die Hertzogprys vir 2012 aan die digter-dramaturg-skrywer, Adam Small, vir sy drama-oeuvre toe te ken. Erkenning word hiermee verleen aan Small in wie se oeuvre sy drama Kanna hy kô hystoe kop en skouers uitstaan as ’n hoogtepunt in die Afrikaanse dramatiese kuns. Adam Small vier vanjaar sy 75ste verjaardag. Hy het in 2009, die SA Akademie se eeufeesjaar, ook die Akademie se Eeufeesmedalje vir sy hele oeuvre ontvang.

In sy literatuurgeskiedenis het J.C. Kannemeyer Kanna hy kô hystoe vermeld saam met die belangrikste internasionale dramaturge in die wêreld. Die Hertzogprys is die hoogste literêre onderskeiding wat die SA Akademie kan toeken.

Boekbesonderhede


Foto te danke aan Wellington Museum

 

Please register or log in to comment