Jan Rabie, kampvegter vir Afrikaans en kulturele wereldburger, word onthou
Jan Rabie was ‘n kampvegter vir Afrikaans, “maar nooit Afrikaans as ‘n verhewe taal nie”.
Só het Dave Pepler dié groot ontslape skrywer tydens ‘n lesing oor Rabie se lewe en literêre bydrae by die JS Gericke-biblioteek se Dokumentesentrum beskryf. In November vanjaar word tien jaar sedert Rabie se dood herdenk.
Suné van Heerden het gaan luister toe Abraham de Vries en Pepler tydens die onlangse Woordfees oor Rabie, hul jarelange vriend, in gesprek getree het:
Dave Pepler (aanbieder van Groen en bekende omgewingskundige) en prof. Abraham H. de Vries (bekroonde Afrikaanse skrywer) se gesprek tydens die US Woordfees oor hul jarelange vriend, Jan Rabie, was ‘n uiters seldsame kykie in dié skrywer se lewe.
Pepler beskryf Rabie as iemand wat ‘n hippy was nog lank voor dié begrip bekend geword het. Volgens De Vries was Rabie “skaamteloos die grootste taalpatriot wat ek ooit meegemaak het”.
Rabie het ‘n liefde vir sy taal en land gehad. Hy het die eerste betrokke werk in die eietydse Afrikaanse letterkunde, Ons, die Afgod, geskryf en was teen rassisme en apartheid gekant.
Terselfdetyd was Rabie, wat lank saam met sy vrou, Marjorie Wallace, in Frankryk en Griekeland gewoon het, volgens De Vries ‘n “kulturele wêreldburger”.
Marina Brink, ‘n manuskripvakkundige van die Dokumentesentrum, vertel in ‘n artikel in Die Burger dat die Franse regering Rabie in 1985 met die ridderskap van die Franse Légion d’Honneur (Ere-legioen) vereer het vir sy vertalings van Franse boeke na Afrikaans. Die feit dat Rabie sonder fieterjasies was, bewys sy met ‘n aanhaling uit ‘n ou artikel van Chris Barnard in Rapport van 7 April 1985, waar hy beskryf hoe Rabie met ‘n natgereënde pak klere en sy bruin vellies by die bekroningseremonie opgedaag het:
Dit was my en kollega Lynne Fourie se voorreg om, vergesel van John Kannemeyer, na Onrus te ry om Jan se menigte dokumente – waaronder manuskripte van sy boeke, aantekeningboeke, briewe, lesings, toesprake, foto’s en sy belangrike dagboeke – te gaan haal.
Ongelukkig was Jan in daardie stadium reeds baie verswak en opgeneem in Onrus Manor, ’n aftree-oord. Maar sy Jorie was pragtig en sjarmant.
Boekbesonderhede
- Hutspot: Reissketse, verhale, essays, praatjies deur Jan Rabie, saamgestel deur JC Kannemeyer
EAN: 9781869190767
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die groot anders-maak deur Jan Rabie
EAN: 9780798144285
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Paryse dagboek deur Jan Rabie
EAN: 9780798138321
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Jan Rabie deur JC Kannemeyer
EAN: 9780624042433
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Hemelblom deur Jan Rabie
EAN: 9780624027713
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Immergroen: Stories oor plante deur Dave Pepler
Boek se tuisblad
EAN: 9780798150934
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die behoue huis: ‘n Keur uit die kortverhale van Abraham H. de Vries deur Abraham H de Vries
Boek se tuisblad
EAN: 9780798152792
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Foto te danke aan Die Burger

















Please register or log in to comment