Boekprogram vir Vryfees 2012 bekendgemaak

Vryfees, die kunstefees wat in samewerking tussen die Universiteit van die Vrystaat en Volksblad aangebied word, vind vanjaar van 10 tot 15 Julie in Bloemfontein plaas en sluit oudergewoonte ‘n lekker boekprogram in.
Feesgangers kan uitsien na gratis gesprekke met skrywers soos Deon Meyer (7 Dae), Anchien Troskie (Die staat teen Anna Bruwer), Wilna Adriaanse (‘n Klein lewe), Albert Blake (Boerekryger), Ivan Vladislavic (The Restless Supermarket), Jeanette Ferreira (Boereoorlogstories 2), Diana Ferrus (I’ve come to take you home), Irma Venter (Skoenlapper), Fransjohan Pretorius (Die geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag), en Vicky Fourie (Viva la Vicky). Daar gaan ook vir die eerste keer in Vryfees se geskiedenis ‘n gesprek met ‘n skrywer via Skype gevoer word. Marita van der Vyver sal uit Frankryk Riana Barnard se vrae beantwoord.
Nog ‘n interessante gesprek is die een wat Hennie van Coller met Reney Warrington (Oktober), Chris van Niekerk en André Stolz gaan voer oor die uitbeelding van homoseksualiteit in die kunste. ‘n Video-opname van Hennie Aucamp, wie se boek Lendetaal oor hierdie onderwerp handel, sal ook tydens die geleentheid gespeel word. Kaartjies kos R40 per persoon.
Die digkuns gaan gevier word met ‘n program getiteld “Jou Eie Keuse”. Tydens drie sessies, wat R95 per persoon per sessie beloop, gaan stemkunstenaars Chris van Niekerk en Elsabe Daneel die gehoor se gunsteling-gedigte voorlees. (Stuur voorstelle aan rosendaltoneel@gmail.com tussen 25 Jun en 2 Julie.) Die digters Danie Marais (Al is die maan ‘n misverstand), Hennie van Coller (Soom), Gilbert Gibson (Oogensiklopedie), René Bohnen (In die niks al om) en Tom Gouws (Stigmata) gaan ook by die onderskeie sessies optree.
Voorts sal boeke by ‘n aantal kuiers om die kostafels bespreek word. Teen R180 kan jy aan “Draaitafel met die kunste” deelneem, waar twintig skrywers en akteurs elkeen aan ‘n tafel met tien gaste sal kuier, totdat die gaste ruil om met ‘n volgende kunstenaar te kommunikeer. Feesgangers het ook die geleentheid om teen R85 ‘n Hebreeuse ontbyt met Marzanne Leroux-Van der Boon (Go’el Ysira’el) by te woon. Die jaarlikse boekeontbyt, met ‘n woordprogram saamgestel deur Van Coller word ook weer teen R280 per persoon aangebied.
Boekbesonderhede
- Soom deur Hennie van Coller
EAN: 9781920424459
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Boerekryger: ‘n Seun se hoogste offer deur Albert Blake
Boek se tuisblad
EAN: 9780624053439
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die staat teen Anna Bruwer deur Anchien Troskie
Boek se tuisblad
EAN: 9780795704123
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- \’n Klein lewe deur Wilna Adriaanse
Boek se tuisblad
EAN: 9780624054672
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- The Restless Supermarket deur Ivan Vladislavic
Boek se tuisblad
EAN: 9781415201695
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- 7 Dae deur Deon Meyer
Boek se tuisblad
EAN: 9780798156219
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Boereoorlogstories 2: Verhale van die oorlog van 1899-1902 deur Jeanette Ferreira
Boek se tuisblad
EAN: 9780624054337
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- I’ve Come to Take You Home deur Diana Ferrus
EAN: 9781456891725
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Skoenlapper deur Irma Venter
Boek se tuisblad
EAN: 9780798156738
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag deur Fransjohan Pretorius
Book homepage
EAN: 9780624054665
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Viva la Vicki deur Vicki Fourie
Boek se tuisblad
EAN: 9781920518165
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Dis koue kos, skat deur Marita van der Vyver
Boek se tuisblad
EAN: 9780624048855
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Go’El Yisra’el, Verlosser van Israel deur Marzanne Leroux Van der Boon
EAN: 9780796312624
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Al is die maan ‘n misverstand deur Danie Marais
EAN: 9780624047612
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Oogensiklopedie deur Gilbert Gibson
EAN: 9780624048312
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- In die niks al om deur Rene Bohnen
Boek se tuisblad
EAN: 9780799348835
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Stigmata deur Tom Gouws
Boek se tuisblad
EAN: 9780798156318
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Piekniek by Hangklip deur Kerneels Breytenbach
Boek se tuisblad
EAN: 9780798156035
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Oktober deur Reney Warrington
EAN: 9781869195472
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Lendetaal: Homoërotiek in die kunste en in die letterkunde deur Hennie Aucamp
EAN: 9781869194628
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!






























Please register or log in to comment