Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Charles Darwin's great-great-granddaughter pens poems about his life. Via @brainpicker: http://t.co/AEvkdUKIDf

Video: Digters lees verse oor Johannesburg (Plus: Skrywers en ander onthou die stad se geskiedenis)

Een hartIn die geheim van die dag‘n Projek wat beoog om video-opnames te maak van digters wat gedigte oor hul stad, in die bepaalde stad, voorlees, is deur Jo Prins in samewerking met Beeld op die been gebring.

Die eerste video met Prins, Christo van Staden, en Charl-Pierre Naudé wat verse in Johannesburg voorlees, is reeds vrygestel.

Prins het op Versindaba gesê dat hy hoop “Verse oor ‘n stad gelees ín die stad” sal ook na ander dele van die land uitbrei.

Kyk die video:

YouTube Preview Image

“Verse oor ‘n stad gelees ín die stad” is ‘n projek wat ek hoop nie te lank van nou nie sal oorspoel na stede soos Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad.

In dié eerste aflewering lees Christo van Staden, Johannes Prins en Charl-Pierre Naudé verse oor en in Johannesburg. Liezel Els, Beeld se videograaf, het gesorg dat ons lank genoeg stil sit en staan om voor te lees en het dit beautiful verpak.

By het die video Saterdag aan ‘n artikel gekoppel waarin Anim van Wyk ‘n aantal Johannesburgers gevra het na watter tydperk in die stad se geskiedenis hulle graag sou wou terugkeer. Die idee vir dié vraag kom van Woody Allen se fliek, Midnight in Paris, waarin die hoofkarakter na die 1920′s in Parys teruggevoer word.

KontreiThe Complete Voorkamer StoriesA Bosman CompanionToeris in HillbrowSoweto

Craig Mackenzie (The Complete Vookamer Stories, A Bosman Companion), Andries Bezuidenhout (Toeris in Hillbrow), die fotograaf Jodi Bieber (Soweto) en Fanie de Villiers, ook bekend as Kleinboer (Kontrei) is van die Johannesburger wat die vraag beantwoord het:

In Woody Allen se nuutste fliek, Midnight in Paris, word die hoofkarakter na die 1920’s in Parys teruggevoer. Daar flankeer Gil Pender (die akteur Owen Wilson) met Pablo Picasso se minnares, hy vra Ernest Hemingway om deur sy manuskrip te lees en hy keer F. Scott Fitzgerald se Zelda voor sy in die Seine spring.

Hoekom keer hy terug in die tyd na dié era? Want hy glo die jare twintig was die goudste van die goue eras sedert Parys se ontstaan twee millennia gelede.

Toe ek by die rolprentteater uitstap, dwaal my gedagtes deur Johannesburg se bestaan. Watter tyd in die Goudstad se geskiedenis van 125 jaar sou ék graag wou beleef?

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment