Hertzog-pryswenner Adam Small stem in tot ‘n radio-onderhoud
Byna 20 jaar sedert Adam Small hom uit die openbare oog onttrek het, het dié 75-jarige digter en dramaturg tot ‘n radio-onderhoud ingestem.
Dít volg nadat Small vroeër vanjaar as die wenner van die Hertzog-prys aangewys is vir sy drama-oeuvre. ‘n Debat het rondom dié toekenning ontstaan omdat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns nie, soos daar in hul reglement staan, ‘n drama gekies het wat in die “vorige drie kalenderjare” verskyn het nie. Oor die algemeen is die Akademie egter gelukgewens met hul besluit om die prys aan Small toe te ken, veral aangesien baie mense meen dat hy dit al lankal verdien.
Small het self die Akademie bedank en die toekenning aanvaar. Prof. Jacques van der Elst, uitvoerende hoof van die Akademie, sal die onderhoud met Small voer en dit sal deur die radiostasie RSG opgeneem word. Die opname sal by die prysoorhandigingsgeleentheid op 12 September in Stellenbosch gespeel word en die volgende dag op RSG uitgesaai word.
Daar is al vele male, uit verskeie oorde, gevra wannneer en óf Small sy stilte sal verbreek. Uiteindelik is daar ‘n antwoord op dié vraag:
Die digter en dramaturg Adam Small, wat sedert 1993 nie aan die openbare gesprek deelneem nie, het pas tot ’n radio-onderhoud ingestem.
Small, skrywer van onder meer die ikoniese teaterstuk Kanna Hy Kô Hystoe, ontvang vanjaar die Hertzog-prys vir sy dramas.
Boekbesonderhede
- Ko lat ons sing: ‘n Keur uit die gedigte van Adam Small deur Adam Small
Boek se tuisblad
EAN: 9780795703812
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Kanna hy kô huistoe deur Adam Small
EAN: 9780624013594
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Krismis van Map Jacobs: Skooluitgawe deur Adam Small
Boek se tuisblad
EAN: 9780624046233
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Foto te danke aan Zalebs
















Please register or log in to comment