Bernard Odendaal resenseer Karos orie dyne deur Hans du Plessis
Met hierdie derde bundel Bybelse poësie in Griekwa-Afrikaans maak Hans du Plessis en Lapa-uitgewers as ‘t ware weer so: vlot, toeganklike en waarskynlik gewaarborgde gewilde verskuns vir waardeerders van Christelike literatuur én van die verkwiklike seggingskrag van ‘n niestandaardvorm van die taal.
Die twee genoemde waarderings het ook met mekaar te doen. Naas Du Plessis se vaardige omdigtings van die Bybelse materiaal – hy noem in die “Outeursnota” dat al die gedigte in die bundel, “op een of twee uitsonderings na”, gegrond is op Bybelstekste – is dit juis die kleding van die bekende geestelike stof in die aards-konkrete, romanties-eenvoudige baadjie van die Griekwa-tongval wat die poëtiese effek bewerkstellig.
Boekbesonderhede
- Karos orie dyne deur Hans du Plessis
EAN: 9780799355314
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!





Uitspraak: wortel







Please register or log in to comment