Video: Dine van Zyl stel Die groot boerekos-boek bekend
Ná die sukses van Dine van Zyl se KykNet-program Boerekos, waar sy tradisionele geregte voorberei het, het Van Zyl ‘n nuwe resepteboek, Die groot boerekos-boek, vrygestel.
In ‘n onderhou op Kwêla vertel Van Zyl dat sy self die navorsing gedoen het, die kos gekook (en self geëet het!), die skryfwerk behartig het en ook self vir die publikasie van die boek verantwoordelik is.
Van Zyl sê die resepte in die boek is die oorspronklike tradisionele geregte, sonder fieterjasies. Sy kook die kos wat sy uit haar eie grootwordjare onthou en dan stuur mense ook dikwels vir haar resepte. Die binneblad van Die groot boerekos-boek is juis versier met ‘n afdruk van talle knipsels wat sy by mense gekry het.
Kyk die twee videos van haar onderhoud:
- Laai dit nie? Kyk op KykNET

- Laai dit nie? Kyk op KykNET
Boekbesonderhede
- Die groot boerekos-boek deur Dine van Zyl
Boek se tuisblad
EAN: 9780620502788
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment