Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Who's your favourite fantasy book heroine? @SciFiNow lists its top 10: http://t.co/6o0dFhL3hm

David Johnson gesels oor Krismis van Map Jacobs deur Adam Small (Plus: ‘n Bietjie omstredenheid)

 
David Johnson, wat die rol van die bendelid Map Jacobs in die nuutste teaterproduksie van Adam Small se drama Krismis van Map Jacobs vertolk, het homself ter voorbereiding in ‘n leë kothuis in koue Johannesburg toegesluit, sodat hy ‘n idee kon kry van Jacobs se eensame ervaring in die tronk.

Krismis van Map JacobsSó het Johnson in ‘n onderhoud met Kobus Burger op RSG-kuns vertel. Krismis van Map Jacobs, wat vir matriekleerders in Suid-Afrika voorgeskryf is, is onlangs in die Promusica-teater in Johannesburg opgevoer en sal vanaf 1 tot 3 Augustus by die Kunstekaap te sien wees.

Burger het Johnson uitgevra oor omstredenheid wat ontstaan het weens die stuk se taalgebruik en relevansie vir vandag se samelewing. Johnson meen die sosiale kwessies, soos byvoorbeeld werkloosheid en armoede, wat in Krismis van Map Jacobs aangeraak word, is steeds vandag van belang. Hy sê ook dat die Kaapse Afrikaans, wat in die drama gebruik word, deel is van die taal se geskiedenis en dat dit dus nie misken moet word nie.

Hulle gesels ook onder meer oor die 2012 Hertzogprys wat aan Small vir sy algehele drama oeuvre toegeken is.

Luister na die onderhoud. Johnson kom ongeveer 16.5min na die begin van die potgooi aan die beurt:

 
icon for podpress  David Johnson gesels oor Krismis van Map Jacobs: Play Now | Play in Popup | Download

Jan-Jan Joubert het oor die omstredenheid rakende Krismis van Map Jacobs as voorgeskrewe boek berig. Anton Alberts, parlementslid van die VF+, het die drama gekritiseer, terwyl Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, dit verdedig het. Die kritiek word ook deur prof Steward van Wyk, van die Universiteit van Wes-Kaapland, ‘n kenner van Small se werk, betreur:

Die minister van basiese onderwys, Angie Mot­shekga, het die keuse van Adam Small se drama Krismis van Map Jacobs as voorgeskrewe werk vir skole verdedig.

Anton Alberts, parlementslid van die VF+, het haar gevra of sy bewus is van rassistiese taal, godslastering, sterk taal en swak Afrikaans in die drama.

Alberts wou weet wat die drama se opvoedkundige waarde en bydrae tot nasiebou is, of dit wit mense se menswaardigheid benadeel en hoe dit rym met grondwetlikheid om die drama voor te skryf.

Mariana Malan van Die Burger het ook met Johnson gesels. Hy het aan haar gesê dat die vertolking van die rol byna vir hom soos ‘n “sosiale verantwoordelikheid” is. “Dis nodig dat hierdie deel van ons geskiedenis onthou word en dat mense wat dit dalk nie ken nie, ingelig word.”

Malan verwys na die entoesiastiese, positiewe reaksie wat die toneelstuk oor die algemeen ontvang het:

Die storie van Map Jacobs is Kaaps. Maar gehore uit alle dele van die land reageer entoesiasties en positief op hierdie opvoering van dié voorgeskrewe drama vir matriekleerders.

Nou kom Krismis van Map Jacobs na die Kuns­tekaap, waar dit van 1 tot 3 Augustus op die planke sal wees.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Die Burger

 

Please register or log in to comment