Breyten Breytenbach-fees: Essays deur Abraham de Vries, Francis Galloway en Charl-Pierre Naude
Die eerste Breyten Breytenbach-fees is van 13 tot 15 Julie op Montagu aangebied. Dié dorpie is deur die feesorganiseerder Darryl Earl David gekies omdat Breytenbach in die buurdorp Bonnievale gebore is en ‘n vakansiehuis in Montagu gehad het.
Alhoewel daar nie veel berigte oor die gebeurtenis verskyn het nie, het Books LIVE op drie van die sprekers, Abraham H de Vries, Francis Galloway en Charl Pierre-Naudé, se essays oor Breytenbach afgekom. De Vries skryf oor die Klein-Karoo, Breytenbach se grootwordwêreld, Galloway bespreek die drie fases in Breytenbach se uitgeegeskiedenis en Naudé noem Breytenbach se poësie as ‘n voorbeeld van ritmiese innovasie in die Afrikaanse digkuns.
“‘n Klein-Karoo-kortverhaal vir Breyten” deur De Vries is ná die fees in Die Burger gepubliseer:
Kom ons maak die landkaart oop. In die binneland van die Suid-Kaap, tussen Barrydale en Ladismith, waar die Karoorantjies die Oukoppies heet, staan twee kennisgewingborde langs die pad. Die een vertel dis die einde van die Overberg, en die ander sê hier begin Eden. Dié kennisgewings is die soort grap waarmee koloniale regerings eeue lank al Afrika met kaart en liniaal verdeel het.
Die Klein-Karoo is natuurliker afgeperk met onsigbare grensdrade tussen gannabossie en oor berge. Die wesgrens aan die Kaapse kant is die Kogmanskloof by Montagu. ’n Mens ry die Klein-Karoo in deur ’n tonnel; bo-op staan ’n klipfort wat gebou is deur soldate wat die Slag van Magersfontein oorleef het. Van Montagu af oos loop die pad oor De Tradouw, tussen bewerkte aarde en wit plaashuise en vrugtetuine deur tot by James Barry se naamdorp, Barrydale.
Galloway het by die fees ‘n praatjie getiteld “In die stal én die wye wêreld in: Die tweede periode in Breyten Breytenbach se uitgeegeskiedenis” gelewer. Lees haar essay oor Breytenbach se publikasiegeskiedenis wat ná die fees op LitNet verskyn het:
My navorsing oor Breyten Breytenbach se uitgeegeskiedenis is gefundeer in die institusionele benadering tot die “kulturele veld”. Die kulturele veld is die ruimte van beskikbare posisies wat verskillende rolspelers gedurende hulle loopbane opbou en wat op mekaar inspeel. Literêre werke het hulle status, waarde en rangorde nie alleen aan die aktiwiteite van skrywers te danke nie, maak ook aan die kwaliteit en status van materiële produsente (byvoorbeeld die prestige van ’n uitgewery) en verspreiders (byvoorbeeld die elite-boekhandel teenoor die boekklub of supermark) asook simboliese rolspelers (byvoorbeeld die reputasie van kritici, prysbeoordelaars, mediakanale).
Die uitgewery word gewoonlik geassosieer met ’n hekwagtersrol, maar dit speel ’n veel omvattender rol in die loopbaan en reputasie-ontwikkeling van ’n skrywer wat basies in drie fases verdeel kan word: die leertyd-fase, die aanloop-tot-erkenning-fase en die fase van definitiewe erkenning.
Naudé het by die fees oor “‘Praatpoësie’ en die poëtiese tradisie in Afrikaans” gesels. ‘n Essay deur Naudé met dieselfde titel het voorheen op Versindaba verskyn:
In my vorige bloginskrywing impliseer ek dat ritmiese innovering van die versreël makliker en suksesvoller sal plaasvind as digters genoegsaam kennis neem van die tradisie en bewustelik daarop voortbou.
Helaas, om te bou op die tradisie beteken nie om die tradisie na te skryf nie. Wees gerus anders, wyk af, doen verskillend, maar maak net seker dat die voorafgaande tradisie weldeeglik verteer is, vir die eenvoudige rede dat dit jou taak as innoveerder gaan vergemaklik. Die Afrikaanse poësie het ’n sterk klassieke moderne tradisie vergelykbaar met die beste soortgelyke tradisies op ander plekke. Daar skuil vele leidrade vir die toekoms in. Dis sanerend om te onthou dat dit die tradisie is wat aan jou die digtaal gegee het waarin jy skryf. Tale verskil, en mens moet bewustelik omgaan met die partikulariteite van die taal waarin jy skryf. Die aflosstokkie waarmee jy hardloop, kom van iewers. Waarheen dit op pad is, is deels ingeskryf in daardie “iewers”.
Boekbesonderhede
- Die beginsel van stof: Laat-verse, sprinkaanskaduwees, aandtekeninge deur Breyten Breytenbach
Boek se tuisblad
EAN: 9780798152211
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die ongedanste dans deur Breyten Breytenbach
EAN: 9780798144025
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- True Confessions of An Albino Terrorist deur Breyten Breytenbach
EAN: 9780571136162
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Ysterkoei-blues deur Breyten Breytenbach
EAN: 9780798141871
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Imagine Africa saamgestel deur Breyten Breytenbach
Boek se tuisblad
EAN: 9781935744993
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Notes from the Middle World deur Breyten Breytenbach
EAN: 9781931859912
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Oorblyfsel/Voice over deur Breyten Breytenbach
EAN: 9780798150712
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die windvanger deur Breyten Breytenbach
EAN: 9780798147507
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- A Veil of Footsteps: Memoir of a nomadic fictional character deur Breyten Breytenbach
EAN: 9780798149273
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Boklied deur Breyten Breytenbach
EAN: 9780798138185
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- In die geheim van die dag deur Charl-Pierre Naude
EAN: 9781869190866
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die behoue huis: ‘n Keur uit die kortverhale van Abraham H. de Vries deur Abraham H. de Vries
Boek se tuisblad
EAN: 9780798152792
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Foto te danke aan Stellenbosch Writers

























Please register or log in to comment