Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

#flf13 Books LIVE's work is done! Congrats to @FranLitFest on a very successful festival. See you next year!

Gerrit Rautenbach resenseer Stoffel op safari deur Christiaan Bakkes

Stoffel op safariUitspraak: wortel

Stoffel Mathysen is die Chuck Norris van die Kaokoveld. Dis nou eenmaal wors. Kyk boeta, dié man kan. Nes Chuck, maar daar is een verskil. Stoffel doen dit vir regtig en nie vir ’n fliek nie. En Stoffel is eintlik nie Stoffel nie. Hy is mos Christiaan Bakkes. Of is hy? Hoe ook al, Christiaan kan ook als doen wat Chuck kan doen, maar hy kan skryf ook. Miskien kan Chuck ook skryf, maar sonder twyfel nie naastenby so goed in Afrikaans nie.

Die skepping van Stoffel Mathysen is sekerlik die heel slimste deel van Christiaan Bakkes se Stoffel-reeks (Stoffel op safari is reeds nommer ses). Dis slim, want dit gee Bakkes die vryheid om sy outobiografiese vertellings te vertel, maar gee hom ook die vryheid om die waarheid lekkerder te kan inkleur sou hy wou. Dis nou nie dat hy die storie wil doodlieg nie, maar dit laat dinge soms net lekkerder gebeur. Daar is min twyfel dat al Stoffel se avonture eintlik die skrywer s’n is as ’n mens in gedagte hou dat die skrywer se volle naam Christiaan Mathys Bakkes is.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment