Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Charles Darwin's great-great-granddaughter pens poems about his life. Via @brainpicker: http://t.co/AEvkdUKIDf

Pretoria-PEN dalk hernoem na PEN Afrikaans, maar twis tussen Dan Roodt en Fanie Olivier woed voort

 
Die digter Fanie Olivier en die skrywer EKM Dido sal volgende maand die 2012-wêreldkongres van PEN Internasionaal in Suid-Korea bywoon waar die voorstel ter tafel gelê sal word om Pretoria-PEN se naam na PEN Afrikaans te verander.

Die omstrede skrywer Dan Roodt, bekend vir sy regse uitsprake, wil egter ‘n stokkie voor dié plan steek. Volgens Roodt is hy, en nie Olivier nie, die regmatige voorsitter van Pretoria-PEN.

MoltreinApostroofEmma en NellaVoetstootsDie ander vennootPiekniek by Hangklip

Hierdie twis tussen Roodt en Olivier kom al ‘n geruime tyd aan. Books LIVE het verlede jaar berig dat Roodt beweer hy is deur ‘n handjievol ondersteuners herkies tot voorsitter van Pretoria-PEN, terwyl Olivier, John Miles en Pieter Haasbroek nie hierdie herkiesing erken nie aangesien die organisasie se bedrywighede volgens hulle in 2005 doodgeloop het.

Olivier, Miles en Haasbroek het in November verlede jaar voortgegaan om die oorspronklike lede van die organisasie se toestemming te kry om dit te herkonstitueer. Sedertdien beywer Olivier hom vir die naamsverandering van Pretoria-PEN en die organisasie se herposisionering rondom Afrikaans.

In die volgende video verduidelik Olivier die geskiedenis van die organisasie en die twis in groter besonderhede. Kyk die video vir agtergrond:

YouTube Preview Image

Nou is ‘n persverklaring uitgereik waarin aangekondig word dat Olivier en Dido by PEN Internasionaal goedkeuring gekry het om ‘n naamsverandering by die 2012-wêreldkongres aan te vra.

Die ideaal van ‘n Afrikaanse PEN-sentrum word eersdaags bewaarheid wanneer ‘n voorstel hieroor in Korea ter tafel gelê word.

Pretoria PEN, wat vroeër vanjaar geherkonstitueer is, het van die Raad van PEN International in Londen goedkeuring gekry om ‘n naamsverandering tot PEN Afrikaans aan te vra by die 2012- wêreldkongres van PEN. Die kongres word in September in Gyeongju, Suid-Korea gehou en sal na verwagting deur meer as 500 lede van PEN wêreldwyd bygewoon word.

PEN is ‘n internasionale skrywersvereniging wat skrywers, vertalers, joernaliste en uitgewers deur middel van sentrums in lande dwarsoor die wêreld saamsnoer en verteenwoordig.

Marlene Malan berig egter dat Roodt dreig om ‘n interdik teen Olivier te kry. Volgens Roodt is Olivier in Maart weens wangedrag uit Pretoria-PEN geskors:

Erge onmin en tweespalt dreig in Afrikaanse skrywersgeledere oor wie die reg het om ’n tak van die internasionale skrywersvereniging PEN in Suid-Afrika te stig.

Die stryery, wat gepaardgaan met ’n openbare moddergooiery en dreigemente van hofinterdikte, smeul geruime tyd onder die oppervlak sedert die skrywer Dan Roodt in 2005 ’n Afrikaanse tak van PEN onder die naam Pretoria-PEN by die internasionale moederliggaam geaffilieer het. Talle Afrikaanse skrywers is egter ongemaklik met die leidende rol wat Roodt (as voorsitter) en sy vrou, Karin (as sekretaresse), in die organisasie speel.

Neels Jackson berig dat die Afrikaanse Skrywersunie samesmelting met Pretoria-PEN oorweeg, maar dat laasgenoemde organisasie se probleme eers opgelos moet word. Kerneels Breytenbach, bestuurslid van die ASU, sê hulle stel nie belang in samewerking met Pretoria-PEN onder Roodt se leiding nie.

’n Skrywerstwis wat dreig om in die hof te draai, woed om Pretoria Pen, die skrywersvereniging waarvan Dan Roodt die voorsitter was of is.

“Was” volgens die digter Fanie Olivier.

Hy sê Pretoria Pen het doodgeloop onder Roodt se voorsitterskap. Daarom het hy en die skrywers Pieter Haasbroek en John Miles verlede jaar begin met ’n proses om dit te laat herleef.

Boekbesonderhede

E-boek opsies – Laai dit nou af!


Foto’s te danke aan Beeld en Instytut Filologii Angielskiej

 

Please register or log in to comment