Bekendgemaak: Al die wenners van ATKV-Kinderboektoekennings 2012






Die kinders het gekies! Die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings 2012, wat deur kinders en tieners self aangewys word, is pas bekendgemaak.
Die gewilde kinderboekskrywers Jaco Jacobs en Fanie Viljoen het die meerderheid van die toekennings ingepalm en Carina Diedericks-Hugo se jeugroman Permanente ink, wat verlede jaar die tweede plek in LAPA se jeugromankompetisie behaal het, kry die toekenning in die Selfleeskategorie: Graad 8 – 10.
Die wenners sal op Vrydag 14 September by ‘n glansgeleentheid by Nooitgedacht, net buite Stellenbosch, hul toekennings in ontvangs neem. Die wenners van die ATKV-Woordveertjies 2012 in die genres prosa, liefdesromans, poësie, romanses, spanningslektuur en drama sal ook by hierdie geleentheid bekendgemaak word.
Hier volg die volledige lys van al die skrywers en illustreerders wat toekennings ontvang:
Voorleeskategorie: 3 – 6 jaar
- Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Haasmoles
- Illustreerder: Zunica Joao (LAPA Uitgewers) – Slaaptyd, Matilda
Selfleeskategorie: Graad 1 – 3
- Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Klou
- Illustreerder: Karen Lilje (LAPA Uitgewers) – Klou
Selfleeskategorie: Graad 4 – 5
- Skrywer: Fanie Viljoen (Human & Rousseau) – Grilbrigade
- Illustreerder: Astrid Castle (Tafelberg) – Spookskip
Selfleeskategorie: Graad 6 – 7
- Skrywer: Jaco Jacobs (Tania Brink) (LAPA Uitgewers) – My hart is vol graffiti
Selfleeskategorie: Graad 8 – 10
- Skrywer: Carina Diedericks-Hugo (LAPA Uitgewers) – Permanente ink
Boekbesonderhede
- Haasmoles deur Jaco Jacobs
EAN: 9780799350791
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Slaaptyd Mathilda deur Jaco Jacobs, illustrasies deur Zunica Joao
EAN: 9780799349436
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Klou deur Fanie Viljoen, illustrasies deur Karen Lilje
EAN: 9780799349849
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Grilbrigade deur Fanie Viljoen, illustrasies deur Luan Serfontein
Boek se tuisblad
EAN: 9780798156240
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Spookskip deur Antoinette Diedericks, illustrasies deur Astrid Castle
Boek se tuisblad
EAN: 9780624052845
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- My hart is vol graffiti deur Tania Brink
EAN: 9780799351217
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
E-boek opsies – Laai nou af!
-
E-boek: My hart is vol graffiti deur Tania Brink

Tipe e-boek: ePub
EAN: 9780799351392
Laai hierdie e-boek by LittleWhiteBakkie.com af
- Permanente ink deur Carina Diedericks-Hugo
Boek se tuisblad
EAN: 9780799352382
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!












Please register or log in to comment