Ondersteun more die Afrikaanse boekbedryf met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag 2012!
Môre, Saterdag 11 Augustus, word Koop-’n-Afrikaanse-boekdag gevier!
Dit is ‘n inisiatief van die Vriende van Afrikaans en vind jaarliks in Augustus plaas. “Ons vra dat alle Afrikaans-liefhebbers op daardie dag ‘n Afrikaanse boek koop uit solidariteit met ons Afrikaanse skrywers, uitgewers en boekwinkels wat sorg dat daar ‘n voortdurende stroom van pragtige Afrikaanse boeke op die mark verskyn,” sê die organisasie.
Ter viering van Koop-’n-Afrikaanse-boekdag bied ‘n hele aantal boekwinkels landwyd môre 10% afslag op Afrikaanse boeke aan. As jy nie by ‘n boekwinkel kan uitkom nie, is daar ook aanlyn-winkels soos Exclusive Books en Leserskring wat korting gaan aanbied. (Kliek hier ‘n lys van deelnemende winkels.)
By Protea Boekwinkel op Stellenbosch gaan boeke nie net teen 10% korting beskikbaar wees nie, maar die digter Petra Müller kom ook om 11:00vm oor haar digbundel Om die gedagte van geel gesels. Jy kan ook die kinders môre bring vir storietyd om 11:00vm by The Book Lounge in Kaapstad en daarna jou Afrikaanse boeke teen die goedkoper prys aanskaf.
Wonder jy watter boek om te koop? Books LIVE het ‘n paar voorstelle:
Romans:
Dan Sleigh se Wals met Matilda was verlede jaar op ons lys aangesien dit die Groot Romanskompetisie 2010 gewen het. Vanjaar beveel ons dit weer aan omdat Sleigh die WA Hofmeyr-prys vir die boek ontvang het en vir die AKTV-Prosaprys benoem is.
Sirkusboere deur Sonja Loots en 7 Dae deur Deon Meyer is ook goeie keuses, aangesien hulle ook vir die ATKV-Prosaprys benoem is. Ons het reeds verlede jaar hierdie twee boeke se potensiaal raakgesien toe Books LIVE hulle as twee van die beste boeke van 2011 gekies het.
En dan kan ons nie versuim om Die staat teen Anna Bruwer deur Anchien Troskie te noem nie. Nes Dis ek, Anna is hierdie opvolgroman reeds ‘n blitsverkoper.
Kortverhale:
SJ Naudé se Die Alfabet van die voëls haal ons lysie omdat dit die Jan Rabie Rapportprys ontvang het. ‘n Lyf onthou deur Riette Rust het geskiedenis gemaak toe dié Afrikaanse boek onlangs ons tweede grootste verkoper op Books LIVE was. Die verhale in Paul C Venter se In die mond van die wolf is so gewild dat dit in ‘n TV-reeks omskep word. En, terwyl die erotiese 50 Shades of grey-reeks internasionaal opspraak maak, het daar ‘n bundel Afrikaanse erotiese verhale, Bloots, verskyn wat ongetwyfeld van die rakke af gaan vlieg.
Digbundels:
‘n Paar sterk stemme in die wêreld van die Afrikaanse digkuns het onlangs nuwe bundels laat verskyn, insluitende Daniel Hugo (Hanekraai), Louis Esterhuizen (Amper elders), Petra Müller (Om die gedagte van geel) en Joan Hambidge (Lot se vrou).
Jeug:
Ons is mal oor Moemin en die feit dat twee boeke van die oorspronklike Moemin-reeks (danksy die vertalings van Philip de Vos) nou in Afrikaans beskikbaar is, moet beslis gevier word. (Kyk hier na ‘n video waarin De Vos oor die vertalings gesels.) Ons is ook bly om te sien dat die Swart Kat-reeks nou met splinternuwe, funky, illustrasies beskikbaar is. (Kyk ‘n bietjie na die illustreerder Willem Samuel se handewerk.)
Nanette van Rooyen se jeugroman Ek was hier het verlede jaar die eerste plek in LAPA se Jeugromankompetisie behaal en Fanie Viljoen se Betower het die tweede plek met Carina Diedericks-Hugo se Permanente Ink gedeel. Permanente ink het pas ook ‘n ATKV-Kinderboektoekenning ontvang. Dié boeke word ten sterkste aanbeveel.
Nie-fiksie
Riaan Cruywage is voorwaar ‘n ikoon. Daarom beveel ons sy biografie Wat’s nuus? aan. As jy belangstel in ware misdaadverhale sal Chris Marnewick se boek Clarence van Buuren: Die man met die donkerbril, oor die moord op Joy Aken en die verhoor van Van Buuren in die vyftigerjare, jou boei. Die joernalis en skrywer Fred de Vries se reise deur Suid-Afrika en onderhoude met prominente Afrikaners oor hul plek in die land ná 1994, waaroor hy in die boek Rigtingbedonnerd skryf, beloof om interessante leesstof te wees. Só ook Willie Esterhuyse se boek Eindstryd oor sy geheime gesprekke met ANC-lede kort voor die oorgang na demokrasie.
Hierdie is net ‘n paar voorstelle. Ons is seker julle kan aan vele meer dink!
Boekbesonderhede
- Wals met Matilda deur Dan Sleigh
Boek se tuisblad
EAN: 9780624051466
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Sirkusboere deur Sonja Loots
Boek se tuisblad
EAN: 9780624053354
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Scribd.com book preview:
- Not loading? View in the Little White Bakkie e-books store
- 7 Dae deur Deon Meyer
Boek se tuisblad
EAN: 9780798156219
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Alfabet van die voels deur SJ Naude
Book homepage
EAN: 9781415201459
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!!
- ‘n Lyf onthou deur Riette Rust
EAN: 9781869195489
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- In die mond van die wolf deur Paul C Venter
EAN: 9780799346060
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Bloots saamgestel deur Peter van Noord, Karin Eloff
Book homepage
EAN: 9780624054290
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Hanekraai deur Daniel Hugo
Boek se tuisblad
EAN: 9781869197636
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Amper elders deur Louis Esterhuizen
EAN: 9781869196905
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Moemin en die towenaar se hoed deur Tove Jansson
Boek se tuisblad
EAN: 9780798156998
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die Swart Kat slaan ‘n ster deur Chris Sasner, illustrasies deur Willem Samuel
EAN: 9781869196936
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Betower deur Fanie Viljoen
EAN: 9780799354881
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Ek was hier deur Nanette van Rooyen
EAN: 9780799354966
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Permanente ink deur Carina Diedericks-Hugo
Boek se tuisblad
EAN: 9780799352382
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Wat\’s nuus? deur Riaan Cruywagen
Boek se tuisblad
EAN: 9781920518158
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Rigtingbedonnerd: Op die spoor van die Afrikaner post-1994 deur Fred de Vries
Boek se tuisblad
EAN: 9780624054658
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van Apartheid deur Willie Esterhuyse
Boek se tuisblad
EAN: 9780624054269
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die staat teen Anna Bruwer deur Anchien Troskie
Boek se tuisblad
EAN: 9780795704123
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Om die gedagte van geel deur Petra Muller
Boek se tuisblad
EAN: 9780624054467
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Lot se vrou deur Joan Hambidge
EAN: 9780798156875
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Clarence van Buuren: Die man agter die donker bril deur Chris Marnewick
EAN: 9781869195069
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

































Please register or log in to comment