Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Read the Winning Story in the Books LIVE Flash Fiction Competition: “Am I in the Right Place?” by Jen Thorpe: fb.me/72TUXFrFF

Oorhandiging van Hertzogprys: Potgooi van ekslusiewe onderhoud met Adam Small (Plus: Dankwoord)

Die oorhandiging van die Hertzogprys wat vanjaar aan Adam Small vir sy drama-oeuvre toegeken is, het Woensdagaand by die HB Thom-teater op Stellenbosch plaasgevind.

Alhoewel daar ‘n tikkie omstredenheid geheers het toe die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vroeër vanjaar aangekondig het dat Small die prys sal ontvang, is die besluit meestal met groot entoesiasme verwelkom. Baie meen dat Small lank reeds die Hertzogprys verdien.

Ongelukkig is die 75-jarige digter en dramaturg se gesondheid nou van so ‘n aard dat hy nie self die langverwagte prys in ontvangs kon neem nie. Sy vrou, Rosalie Small, het die Hertzogprys namens hom by die HB Thom-teater ontvang en sy dankwoord voorgelees.

Vi\' Adam SmallKrismis van Map JacobsKo lat ons singKanna hy kô huistoe

RSG het regstreeks na die geleentheid oorgeskakel tydens hul Skrywers en Boeke-program. Die radiostasie het ook ‘n eksklusiewe onderhoud met Small, wat hom byna 20 jaar gelede aan die openbare oog onttrek het, uitgesaai.

Op die vraag of hy nie al lankal die Hertzogprys moes wen nie, antwoord Small, “Dis tog nie vir my om te sê of die prys al lankal verdien is nie. Ek’s net bly dinge het eindelik tog gebeur. Wat ek wel ontstellend vind, is dat die erkennig van Kaaps so lank uitgebly het, dat die stem van die armes en platgetraptes in ons land so lank nie verneem kon word nie. Maar dis nou water onder die brug deur.”

Luister na die potgooi. Die regstreekse oorskakeling gebeur ongeveer by die 16:45 merk:

Lees ook Small se volledige dankwoord, wat deur sy vrou voorgelees is:

Van Adam Small, ’n bedankingswoord by die oorhandiging van die Hertzogprys, ’n geleentheid wat ek vanweë swak gesondheid nie kan bywoon nie. Groot dank aan my vrou, dr Rosalie Small, vir haar bereidwilligheid om namens my op te tree, en terselfdertyd vir haar geloof aan die betekenis van my werk.

Ek betuig graag my waardering aan die huidige Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir hierdie toekenning aan my van die Hertzogprys vir 2012, al kom dit – ek sê dit tong in die kies, maar tog – feitlik op my sterfbed. My hoë waardering aan prof Jacques van der Elst vir al die moeite wat hy in hierdie verband gedoen het.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Wellington-museum

 

Please register or log in to comment