Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Who's your favourite fantasy book heroine? @SciFiNow lists its top 10: http://t.co/6o0dFhL3hm

Cilliers van den Berg en Leon van Nierop resenseer Die afreis van Abel Lotz deur Chris Karsten

Die afreis van Abel LotzUitspraak: wortels

Chris Karsten het die krag en koel sjarme van ’n hipnotiseur. Die invloed van sy Abel Lotz-trilogie werk al jare lank verlammend op die leser in omdat jy weet: Jy is in die hande van ’n meester.

Verskeie faktore dra tot sy sukses as ’n misdaadskrywer by. Let wel: misdaadskrywer en nie noodwendig spanningskrywer nie, want ek dink Karsten breek die sogenaamde “reëls” van spanningskryf vernuftig om amper ’n nuwe genre in Afrikaans te skep.

Vir aanhangers van misdaadfiksie behoort die name van Abel Lotz en Ella Neser ’n klokkie te lui of dalk net ’n paar hare op die kop regop te laat staan.

Want met Die afreis van Abel Lotz lewer Chris Karsten die laaste episode van sy drieluik oor Abel Lotz, wat ná Abel se ontwaking (2010) en Abel se lot (2011) op soek is na nog agt “donateurs” om die nodige vel te skenk waarmee hy dan die tien volumes van sy “kosmiese reise” kan laat bind.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment