Burgert A Senekal resenseer Grensoorlogstories deur Jeanette Ferreira
Oorlogsliteratuur is bekend daarvoor dat dit die grens tussen feite en fiksie uitdaag – ’nmens dink aan die verskeie werke van Tim O’Brien, of Michael Herr se Dispatches (1968). Herr het konvensionele joernalistiek om drie redes verwerp (Taylor 2003:89). In die eerste plek was die feite van die oorlog in Viëtnam verdag; hy skryf (1991[1968]:172) hoe ’nlid van die Amerikaanse spesialemagte ’n National Liberation Front- (NLF-) (Viet Cong-) vegter doodgeskiet en ’n gevangene bevry het, net om die volgende dag te hoor dat hy ses gevangenes bevry en veertien NLF-vegters doodgeskiet het: “You want to see the medal?” In die tweede plek is die waarheid altyd oorskadu deur die “amptelike perspektief” wat “usually did the same thing to your perception of the war that flares did to your night vision” (1991[1968]:149). In die derde plek moes soveel van die beelde gepropageer deur die media en Hollywood afgeleer word voordat ’n mens gekonfronteer kon word met die “waarheid” (1991[1968]:210). Volgens Herr was dit dus beter om die waarheid as ’nroman aan te bied, en hierin was hy geslaagd: Philip Beidler (2007:207) skryf dat hy Michael Herr se Dispatches aanbeveel “to somebody who asks me for a single book that comes closest to telling ‘what it was like’”.
Boekbesonderhede
- Grensoorlogstories deur Jeanette Ferreira
EAN: 9781920188382
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!





Uitspraak: stokkie







Please register or log in to comment