Suidoosterfees 2013 betrek groot letterkundige geeste
Dit blyk dat die Suidoosterfees in 2013, die fees se tiende bestaansjaar, groter as ooit tevore gaan wees met die insluiting van verwerkings en nuwe werke deur ‘n paar groot name uit die Suid-Afrikaanse literêre geledere.
Die beroemde dramaturg Athol Fugard se eerste Afrikaanse toneelstuk, Die laaste karretjiegraf, sal vir die eerste keer opgevoer word, Adam Small se drama Orange Earth sal na die verhoog terugkeer, ‘n verwerking vir die verhoog van André P Brink se Bidsprinkaan sal debuteer en visuele kuns van Breyten Breytenbach, getiteld Vingerverhale, sal tentoongestel word.
Ander noemenswaardige aanbiedinge sluit onder meer in ‘n verwerking van Steve Hofmeyr se Vier briewe vir Jan Ellis en Rachelle Greeff se bekroonde teaterstuk Die naaimasjien, sowel as optredes deur die lewende musieklegende David Kramer en die komediant Nik Rabinowitz.
Die fees word opgedra aan prof Jakes Gerwel, voorsitter van die Suidoosterfees-direksie, wat verlede week oorlede is.
Die Suidoosterfees vind van 29 Januarie tot 3 Februarie 2013 in Kaapstad plaas. Besoek die Suidoosterfees se webtuiste vir die volledige program.
Die Suidoosterfees vier van 29 Januarie tot 3 Februarie in Kaapstad sy tiende bestaansjaar met opwindende huldeblyke aan van die land se grootste letterkundige geeste.
Verwerkings en nuwe werke deur veterane soos Adam Small, Athol Fugard en André P. Brink, asook die visuele kuns van die skrywer Breyten Breytenbach, tel onder die hoogtepunte van dié fees wat van ’n beskeie begin ’n dekade gelede gegroei het tot een van die Moederstad se kulturele hoogtepunte.
Boekbesonderhede
- Blood Knot and Other Plays deur Athol Fugard
EAN: 9781559360203
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Statements deur Athol Fugard
EAN: 9780930452612
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- The Train Driver and Other Plays deur Athol Fugard
EAN: 9781559363860
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- The Captain’s Tiger deur Athol Fugard
EAN: 9781559361644
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Boesman and Lena deur Athol Fugard
EAN: 9780195703313
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- People Are Living There: Plays deur Athol Fugard
EAN: 9780195703320
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Vi’ Adam Small: ‘n Digbundel saamgestel deur Margot Luyt, Iris Bester, Melt Myburgh en Danie Marais
Boek se tuisblad
EAN: 9780987038838
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Ko lat ons sing: ‘n Keur uit die gedigte van Adam Small deur Adam Small
Boek se tuisblad
EAN: 9780795703812
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Bidsprinkaan deur Andre Brink
EAN: 9780798146517
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Philida deur Andre P Brink
Boek se tuisblad
EAN: 9780798155212
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Katalekte: artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan deur Breyten Breytenbach
Boek se tuisblad
EAN: 9780798157926
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Vier briewe vir Jan Ellis deur Steve Hofmeyer
EAN: 9781770220812
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
E-boek-opsies – Laai nou af!
-
E-boek: Vier briewe vir Jan Ellis deur Steve Hofmeyr
E-boek-tipe: ePub
EAN: 9781770220942
Laai hierdie e-boek by LittleWhiteBakkie.com af
- Die naaimasjien deur Rachelle Greeff
Boek se tuisblad
EAN: 9780799356458
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- David Kramer: ‘n Biografie deur Dawid de Villiers
Boek se tuisblad
EAN: 9780624049678
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- South Africa: A Long Walk to a Free Ride deur Nik Rabinowitz en Gillian Breslin
Boek se tuisblad
EAN: 9781770102491
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
E-boek-opsies – Laai nou af!
-
E-boek: South Africa: A Long Walk to a Free Ride: The Youngsters deur Nik Rabinowitz and Gillian Breslin
E-boek-tipe: ePub
EAN: 9781770102545
Laai hierdie e-boek by LittleWhiteBakkie.com af
- Grape: Stories of the Vineyards in South Africa deur Wilmot James, Jakes Viall Gerwel en Jeanne Viall
Boek se tuisblad
EAN: 9780624049388
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Foto te danke aan Intimate Excellent
Please register or log in to comment