Izak de Vries en Lianne Barnard resenseer Philida deur Andre Brink
Philida se hoofkarakter is gebaseer op ’n ware, historiese meisie. Tog wil ek beweer dat hier ’n kontemporêre boodskap, selfs ’n waarskuwing, te bespeur is in André P Brink se nuutste roman.
Brink kies soms om direkte kommentaar te lewer op die samelewing (vergelyk Kennis van die aand, gedurende apartheid en Sandkastele, wat in die nuwe Suid-Afrika afspeel).
As mens André P Brink se oeuvre ken, is Philida teleurstellend. Die hoofelemente in die slaweroman is reeds voorheen beter gedoen. Die slawe in Brink se Houd-den-bek is baie interessanter en daar is in Die eerste lewe van Adamastor en ook Sandkastele veel meer vitaliteit in die verwerking van ou Khoi-verhale.
Boekbesonderhede
- Philida deur Andre P Brink
EAN: 9780798155212
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!














Please register or log in to comment