Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

BooksLIVESA

Right! That's a wrap of our #ManBooker2014 coverage. Congratulations to Richard Flanagan bookslive.co.za/Yq9F

Francois Griebenow prys Herman Charles Bosman se Voorkamerstories (Plus: Vertaling van Bosman-verhaal)

 
\'n Bekkersdal-marathon - en ander voorkamerstories Francois Griebenow meen Herman Charles Bosman se Voorkamerstories, ‘n reeks kortverhale wat in 1950 onder die hofie “In die Voorkamer” in The Forum verskyn het, is beslis die allerbeste werk wat uit hierdie skrywer se pen gevloei het. Daarom het Griebenow onlangs ‘n bundel die lig laat sien waarin ‘n keur uit die Voorkamerstories in Afrikaans vertaal is, getiteld ‘n Bekkersdal-marathon en ander Voorkamerstories.

In ‘n artikel in Die Burger vertel Griebenow waarom hy die hoogste agting vir die Voorkamerstories het. Lees ook een van die vertalings uit sy bundel.

In 1949 het die gebore Suid-Afrikaanse digter Roy Campbell uit Londen aan Herman Bosman geskryf: “I think your stories in Mafeking Road are the best that ever came out of South Africa.” Op daardie tydstip was dit waarskynlik die waarheid. Maar Bosman sou kort voor lank met ’n kragtoer vorendag kom wat nie net hiermee gelykstaan nie, maar dit in baie opsigte oortref: sy Voorkamerstories.

In April 1950, 18 maande voor sy dood, het Bosman begin met ’n reeks kortverhale wat weekliks onder die hofie “In die Voorkamer” in die linksgesinde nuusblad The Forum sou verskyn. Die gedagte was dat hierdie 2 000 woorde lange stories moes dien as ’n komiese teenwig vir die ernstiger nuus van die week.

Lees ‘n verkorte weergawe van die verhaal “Speelgoed in die winkelvenster” uit ’n Bekkersdal-marathon en ander Voorkamerstories:

“Jy moet David Policansky se winkel sien,” het die lorriedrywer se assistent gesê.

“Mensig, dit lyk mooi. Opgetooi vir Kersfees. Dit is die moeite werd om spesiaal Bekkersdal toe te ry om dit te sien. En die speelgoed in die toonvenster… jy kan jou nie voorstel nie. Daar is ’n spieël met ’n bootjie daarop en wattewolkies aan die bokant en klein boompies aan die kant; die spieël lyk kompleet nes water. En daar’s ’n speelgoed-Chinees met ’n stok oor sy skouers waaraan daar twee mandjies hang, en as jy hom opwen, klim hy by ’n leer op en af…”

Boekbesonderhede

  • ‘n Bekkersdal-marathon en ander voorkamerstories deur Herman Charles Bosman, vertaal deur Francois Griebenow, illustrasies deur Fred Mouton
    EAN: 9781920608002
    Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

Foto te danke aan ZAR

 

Please register or log in to comment